Potchefstroom Herald

Potchefstroom Herald Potchefstroom's leading weekly newspaper Die eerste Herald het op 1 Mei 1908 die lig gesien. Die koerant is deur ‘n mnr. C.V. Bate begin.
(1)

Ander koerante wat deur die loop van jare in Potchefstroom ontstaan het, is deur hom oorgeneem en by die Herald ingelyf. Lees meer hieroor in ‘n ander berig. Bate het die koerant in 1957 aan ‘n mnr. Ralph Fallows verkoop en in 1959 is die Herald deur ‘n maatskappy, die Potchefstroom Press, oorgeneem. In 1972 is die maatskappy se naam verander na Potchefstroom Pers Publikasies met mnr. Schalk Hooge

nboezem as besturende direkteur. In dié tyd het die maatskappy se groep koerante bestaan uit die Potchefstroom Herald, die Carletonville Herald (gestig in 1963) en die Wes-Transvaal en OVS-Herald. Aan die begin van 1980 word die volgende groot hoofstuk in die geskiedenis van die Potchefstroom Herald en sy susterskoerante geskryf. Die Herald word verkoop en word deel van Nasionale Pers. Die Herald-groep het toe die volgende publikasies uitgegee: die Potchefstroom Herald (twee keer per week), die Carletonville Herald (een keer per week) en die Wes-Transvaal en OVS Herald (Wes) en Snuffelgids (een keer per week) as bylaes in die Potchefstroom en Carletonville Herald. Seipone, ‘n publikasie gerig op die swart woongebiede van Potchefstroom en Carletonville, is een keer per maand uitgegee. Die streek wat toe deur die koerante bedien word sluit die volgende plekke in: Potchefstroom, Carletonville, Fochville, Ventersdorp, Parys, Viljoenskroon, Bothaville, Koppies en Vredefort. Laasgenoemde vyf is bereik deur die invoeging van die steekbylaes Wes en Snuffelgids. Wes is later mee weggedoen en die Snuffelgids is later uit die Vrystaatse dorpe onttrek omdat dit nou deur ander koerante in die Naspers-stal bedien word. In 1996 is die sogenaamde Dinsdag Herald verander na ‘n gratis koerant met die naam Herout. In 1997 is die Herout vervang deur die aankoop van ‘n opposisie koerant, die Noordwes Gazette. In 1999 het ‘n nuwe era in die geskiedenis aangebreek toe die Herald deel geword het van MooiVaal Media, uitgewers van twaalf gemeenskapskoerante, waarvan drie in Noordwes, naamlik die Potchefstroom Herald, Carletonville Herald en Noordwes Gazette. Die res van die groep se koerante is in die Vaaldriehoek. MooiVaal Media behoort gesamentlik aan Media24, ‘n filiaal van Naspers en Caxton, die eienaar van tientalle gemeenskapskoerante landwyd.

ADVERTISEMENT :MooiVaal Media, a multi-award-winning media group in NorthWest, is seeking to appoint a full-time editor ...
30/10/2025

ADVERTISEMENT :

MooiVaal Media, a multi-award-winning media group in NorthWest, is seeking to appoint a full-time editor for its flagship publication, Potchefstroom Herald.

Mosiane was arrested and initially sentenced to life imprisonment. However, his conviction and sentence were later set a...
30/10/2025

Mosiane was arrested and initially sentenced to life imprisonment. However, his conviction and sentence were later set aside due to procedural technicalities.

Die probleem kom al jare en verskeie huise in die gebied ervaar dieselfde probleem.
30/10/2025

Die probleem kom al jare en verskeie huise in die gebied ervaar dieselfde probleem.

Vir jare kla die inwoners van Baillie Park, spesifiek die Paryslaan-area, oor ‘n rioolprobleem wat eenvoudig net nie opgelos word nie.

Saturday gave steady conditions and fast sailing, while Sunday brought even stronger gusts that truly tested everyone’s ...
29/10/2025

Saturday gave steady conditions and fast sailing, while Sunday brought even stronger gusts that truly tested everyone’s skill and teamwork.

The Boskop Yacht Club was full of life this past weekend as it hosted its annual Open Regatta at the beautiful Boskop Dam. With summer

Address

9 Fick Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Potchefstroom Herald posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share