Jy het dit. // You got this.

Jy het dit. // You got this. Random Thoughts, Digital Journaling from a Domestic Abuse Survivor. Creating Awareness and Safe Space

JY HET DIT // YOU GOT THISDrie woordjies, drie klein woorde wat as jy dit apart sit maak nie een alleen op sy eie sin ni...
28/06/2023

JY HET DIT // YOU GOT THIS

Drie woordjies, drie klein woorde wat as jy dit apart sit maak nie een alleen op sy eie sin nie, maar saam gee dit jou n volledige sin.

Daai 3 woorde het my seuntjie vir my die eerste keer gese toe ek as 28 jarige vrou begin leer kar bestuur het.

Ja 28 jaar oud, klink unreal maar hierdie was miskien my begin, want ek het nooit die reg gehad om te kon bestuur nie. Ek was onderworpe aan ondenklike mishandeling van die person wat beloof het voor God om my te beskerm, koester en lief te he.

Die feit dat ek nie kon eers die vryheid he om agter n kar se stuurwiel in the klim en ry nie, was een van die beheer meganisme wat hy gebruik het. Vryheid, iets wat ek altyd for granted gevat het, maar nou nooit weer nie. Vryheid, om my eie haar kleur te kies, Vryheid om my eie naels te verf, Vryheid om lui te wees wanneer ek wil en Vryheid om vrou te wees wanneer ek wil. Vryheid van JOU af!

Ek het oorleef, jy het my probeer breek. Soos wat ek hier sit en hierdie tik, slaan die wete my opnuut, dat ek regtig kon dood gewees het. Is dit oordryf? Miskien, maar loop die storie en pad saam my en dan besluit jy vir jouself.

Ek is vir langer as jaar al vry van jou, besig om my weer heel te maak, besig om dit te herbou wat jy probeer breek het, ek herbou wat JULLE probeer het. Soos ek hierdie healing journey aanpak, het mense vir my gese om te begin journal (en voor julle vir my kom, ek weet dit is n manier tot heelword, maar vir my te moeilik om om tyd af te staan en my gedagtes te gaan neerskryf – dit voel baie geforseer) maar ek wil nie my stem meer stil he nie, ek wil nie meer vir my abuser die satisfaksie gee om stil te bly nie – Stilte gee n veilige hawe vir mishandeling om plaas te vind. Dus het hierdie “blog”begin.

Noem dit maar digital journalling? I will no longer heal silent.

Miskien help my storie iemand, miskien vereenselfwig iemand hulle in my verhaal, miskien sien jy iets raak in jou lewe wat jy nooit geweet het miskien gesels ons saam en dan leer ek iets nuut, miskien begin ons n revolusie of miskien net n veilige plek vir iemand, miskien is Domestic Abuse vorentoe nie meer n tabo topic nie, miskien hou ek aan skryf of miskien hou ek op? Wie weet?

Die weet ek tog verseker, nie miskien nie, maar verseker dat ek weer heel gaan word!

Stap die pad saam my, gesels saam my, deel saam my in die hartseer, in die pyn, in die trauma, in die geluk, in die nuwe doelwitte, in die frustrasie maar meeste deel saam my in my joy, deel saam my in die VRYHEID, die Rebirth! Ontdek die nuwe saam my my!

Asb ek skryf hierdie uit my hart uit, so ek meng my tale en ek maak spelfoute.

Hierdie is rou.
Hierdie is seer.
Hierdie is blydskap.
Hierdie is healing

Hierdie is EK!

Tussendeur dit alles, al gooi die wereld wat ookal op jou pad, weet net JY HET DIT!

©FS

**Google Image**

Address

Pretoria
0084

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jy het dit. // You got this. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share