18/09/2026
Ek het hierdie liedjie geskryf want al wat deur my kop gaan is: "Suid-Afrika… wat de hel het van ons geword?" 😡💔
Mens kan deesdae skaars ’n social media-app oopmaak sonder om nóg ’n moord te sien.
Nóg ’n vrou vermoor.
Nóg ’n kind wat ’n ouer verloor.
Nóg ’n familie wat se wêreld in een oomblik verwoes is.
En dan scroll ons verby… want môre is daar weer nóg een.
HOE HET DIT NORMAAL GEWORD?
Suid-Afrika se naam kan amper maar verander na MOORD-AFRIKA, want dit voel deesdae asof geweld en moord meer gereeld op ons skerms verskyn as goeie nuus.
Ek is woedend. Ek is geskok. Ek is hartseer.
Want agter elke “nog ’n moord” is daar ’n mens.
’n Ma. ’n Dogter. ’n Suster, ’n Vriendin.
Dis nie net nóg ’n nuusberig nie.
Dis iemand se hele wêreld. 💔
Wanneer gaan genoeg… genoeg wees?