Pretoria FM

Call Directions Website Contact the business

Pretoria FM Onafhanklike, Afrikaanse inhoud in elke huis. Kyk, lees en luister na Pretoria FM. Pretoria FM 📻, Aitsa Toekennings 🏆, Nuusweek 🗞️, Youtube 🎥
(644)

Die doel met Pretoria FM se Facebook-blad is om lesers op hoogte te bring van die jongste nuus, in Afrikaans. Ons poog daarin om ‘n platform te skep vir gesonde gesprek-en debatvoering. Die blad word deeglik dopgehou en enige kommentaar, wat krutaal bevat en neerhalend, rassisties, haatdraend of lasterlik van aard is sal onmiddellik uitgevee word. Kommentare, wat nie van betroubare bronne kom nie sal ook verwyder word. Radio Frekwensies:

Pretoria 104.2
Greylingstad 107.6
Ermelo 102.3
Thabazimbi 103.7
Naboomspruit 92.2
Koster 107.5
Tzaneen 96.6
Pietersburg 87.8
Rustenburg 107.9

Telefoonnommers:
Kantoor: 012 543 0120
Faks: 086 667 1259

Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnr :090 148 524
Vasbyt Rekeningnr: 090 554 967 44
Takkode: 632005

Adres:
Loftus Park Blok A, Kirkness Str 416, Arcadia, Pretoria, 0007

E-pos:
[email protected]
[email protected]

President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, se skorsing opgehef.
16/10/2026

President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, se skorsing opgehef.

President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Polisiekommissaris, gen...

Snuffelhonde – van Luna Hounds in Limpopo – wat opgelei is om renosterstropery te help bekamp – word aangewend om makada...
16/10/2026

Snuffelhonde – van Luna Hounds in Limpopo – wat opgelei is om renosterstropery te help bekamp – word aangewend om makadamia-fluweeldopluise uit te snuffel… wat vir boere groot hoofbrekens spaar.

Esté Gross het op Impak met Luna Hounds se JJ Oosthuizen gesels.
https://open.spotify.com/episode/1FuT9n4EXmgzfzs2eFPi7Q

 #𝗩𝗿𝘆𝗱𝗮𝗴𝗳𝗲𝗶𝘁𝗲Elke Oktobermaand breek die pers jakarandabloeisels soos spookasem deur die strate van Pretoria – die Jakar...
16/10/2026

#𝗩𝗿𝘆𝗱𝗮𝗴𝗳𝗲𝗶𝘁𝗲
Elke Oktobermaand breek die pers jakarandabloeisels soos spookasem deur die strate van Pretoria – die Jakarandastad.
Pretorianers sien elke jaar uit na dié tyd wanneer die pers blommetjies hul opwagting maak.
Volgens die hoof van botaniese tuine by die departement natuur- en landbouwetenskappe van die Universiteit van Pretoria, Jason Sampson, is die Jakarandastad die tuiste van 65 000 volwasse jakarandabome wat in die 1800’s aangeplant is. Net op die kampus van die UP is sowat 200 jakarandabome en in Johannesburg staan 70 000 van hulle.
Jakarandas kom oorspronklik uit Brasilië. Die eerste bome is in die 1800’s ingevoer deur die Kaap en Durban. Die oudste lewende boom staan steeds in Durban waar hy in 1885 geplant is.
Tydens die bou van die Uniegebou en die opgradering van Pretoria se rioolstelsel in die vroeë 1900’s, moes ou bome verwyder word. Daarna is jakarandabome op groot skaal op Pretoria se sypaadjies geplant. Die eerstes is in Bosmanstraat, destyds Kochstraat, en in Arcadiapark geplant.

16/10/2026

Verskeie politieke partye het hul visier op die Ekurhuleni-metro – aan die Gautengse Oos-Rand - ingestel om beheer oor dié metro oor te neem.

Die metroraad is uit 224 setels saamgestel en ’n meerderheid van 113 is nodig om die metro by die ANC af te neem.

Die ANC beslaan tans 86 van die setels, gevolg deur die DA met 65, die EFF met 31, ActionSA met 15, en die VF Plus met 8.

Die Tsonga-woord – Ekurhuleni – beteken: Plek van Vrede – met verwysing na vrede en herstel ná die politieke onstuimigheid van die 1990’s.

Doen Ekurhuleni sy naam gestand?

Esté Gross het in dié verkiesingsdebat met Jennifer Glover, die VF Plus se burgemeesterskandidaat in die Ekurhuleni-metro, Khathutshelo Rasilingwana, die DA se burgemeesterskandidaat en Michael Basch, ActionSA se streeksvoorsitter in Ekurhuleni gepraat.

Jou gunsteling inkopie-ervaring het nou sommer baie meer opwindend geword!Kom maak ’n draai by die Kolonnade Retail Park...
16/10/2026

Jou gunsteling inkopie-ervaring het nou sommer baie meer opwindend geword!
Kom maak ’n draai by die Kolonnade Retail Park en staan ’n kans om te WEN met SPIN & WIN!
Spandeer eenvoudig R250 of meer op 17 Oktober en plaas jou strokie in die inskrywingsboks, met jou naam en kontaknommer daarop.
En dis nie al nie! Spandeer R500 of meer by deelnemende winkels tot en met 31 Oktober 2026 en staan ’n kans om jou deel van R60 000 se groot pryse te wen!
Hoe meer jy inkopies doen, hoe meer kere kan jy inskryf om te WEN!
B’s en V’s geld.

Kolonnade RETAIL PARK

In Fokus gesels Susan Botha met Roland Henwood en James Kemp oor die versoek vir ‘n dispuut deur RNE vennote oor SA se b...
16/10/2026

In Fokus gesels Susan Botha met Roland Henwood en James Kemp oor die versoek vir ‘n dispuut deur RNE vennote oor SA se buitelandse beleid en die onrus in Frankryk kring uit – is dit die resultaat van massa immigrasie of swak politieke bestuur.

In Fokus gesels Susan Botha met Roland Henwood en James Kemp oor di...

🏉☕️ Die Vodacom Bulls se spelplan?Die hoofafrigter van die Vodacom Bulls, Johan Ackermann het by Carla kom koffie drink!...
16/10/2026

🏉☕️ Die Vodacom Bulls se spelplan?

Die hoofafrigter van die Vodacom Bulls, Johan Ackermann het by Carla kom koffie drink!

Maar kon Carla uitvind wat die Bulls se spelplan is of het hy sy kaarte styf teen die bors gehou?

Wie weet… Jy moes ingeskakel het! 😉

Dankie aan Johan Ackermann vir die lekker saamkuier!

Dis altyd ’n voorreg om die Bulls in die Pretoria FM-ateljee te verwelkom.

Die voormalige tesourier van die ANC in Noordwes, Suliman Carrim is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis g...
16/10/2026

Die voormalige tesourier van die ANC in Noordwes, Suliman Carrim is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem...

Die voormalige tesourier van die ANC in Noordwes, Suliman Carrim is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem, nadat hy versuim het om voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek te verskyn. Die 49-jarige Carrim is gisteraand vasgetrek, kort voordat hy ‘n vlug na die Verenigde Arabie...

Pretoria FM stel belang in jóú mening. Ons doen gereeld navorsing oor ons programinhoud, want ons luisteraars se insette...
16/10/2026

Pretoria FM stel belang in jóú mening. Ons doen gereeld navorsing oor ons programinhoud, want ons luisteraars se insette help om ons te laat groei en voortdurend te verbeter.

Neem asseblief ’n paar minute om ons vraelys te voltooi en deel jou gedagtes met ons.

En jy kan wen! Voltooi die vraelys en staan ’n kans om R2 000-kontant of ’n ATKV-Buffelspoort-vakansie te wen!

Só bou ons saam aan ’n nóg beter Pretoria FM, dié Afrikaanse stasie wat jou stem waardeer!

https://forms.gle/JPYQtiJSFEU5F2K77

🎥 Die 1%-klub is op pad na kykNET en hulle soek deelnemers!Hierdie is nie ’n gewone vasvraprogram nie! Vergeet van feite...
16/10/2026

🎥 Die 1%-klub is op pad na kykNET en hulle soek deelnemers!

Hierdie is nie ’n gewone vasvraprogram nie! Vergeet van feite en boekkennis – hier gaan dit oor gesonde verstand, vinnige denke en alledaagse logika.

Die vrae begin maklik, maar hoe ver gaan jóú breinkrag jou neem? Slegs die slimste 1% dring deur tot heel aan die einde en staan ’n kans om deel te wees van die stryd om ’n allemintige R100 000! 💰🏆

👉 Moenie die kans misloop nie! Besoek https://shortaudition.net/1persent-klub?origin=PRETORIAFM en dien vandag nog jou aansoek in.

Address

Loftus Park, Kirknesslaan 416, Arcadia
Pretoria
0007

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pretoria FM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pretoria FM:

Shortcuts

Share

Category