Ineffable digital designs

Ineffable digital designs Dié ontwerpershuis met 'n Taaltuin®! Ons skryf en ontwerp met impak. Ons gee erkenning, bou handelsmerke en help besighede groei. Ideaal, want dis digitaal.®
(2)

𝗟𝗘𝗪𝗘𝗡𝗦𝗟𝗘𝗦𝗦𝗘 𝟮𝟬𝟮𝟱Aan die einde van elke jaar nooi ek jou in en reflekteer ons saam oor die jaar en sy dinge. Dit was 'n j...
27/12/2025

𝗟𝗘𝗪𝗘𝗡𝗦𝗟𝗘𝗦𝗦𝗘 𝟮𝟬𝟮𝟱

Aan die einde van elke jaar nooi ek jou in en reflekteer ons saam oor die jaar en sy dinge. Dit was 'n jáár...hoe gaan dit régtig met jou?

Deur die loop van die jaar deel ons elke maand 'n lys lewenslesse uit Ons Taaltuin. In Desember kyk ons terug en kies ons een lewensles uit elke maand wat vir ons uitgestaan het. Hierdie jaar se lewenslesse lyk só:

𝐉𝐚𝐧𝐮𝐚𝐫𝐢𝐞:
As jy almal se klippe saam met jou gaan dra, gaan jy sink. Soms is dit nie jou verantwoordelikheid of jou plek om probleme op te los nie.

𝐅𝐞𝐛𝐫𝐮𝐚𝐫𝐢𝐞:
‘n Grootmens-geheim: Dié wat werk hoef nie te sê dat hulle die werk gedoen het nie. Die uitsette sal die praatwerk doen. Volharding oortref talent.

𝐌𝐚𝐚𝐫𝐭:
Verrassing en verbasing: Jy gaan hulp ontvang by die mense van wie jy dit die minste verwag.

𝐀𝐩𝐫𝐢𝐥:
Wees versigtig vir jou eie aannames. Jy is nie altyd reg nie.

𝐌𝐞𝐢:
Verjaardae maak nie vet nie, dit maak vol.

𝐉𝐮𝐧𝐢𝐞:
Jy hoef nie jouself toeganklik tot die verlede te maak nie. Jy mag 'n hoofstuk afsluit en van die karakters agterlaat.

𝐉𝐮𝐥𝐢𝐞:
Om vrae te vra is ’n teken van wysheid, nie onkunde nie.

𝐀𝐮𝐠𝐮𝐬𝐭𝐮𝐬:
Net 'n herinnering: Die lewe vind buite jou foonskerm plaas.

𝐒𝐞𝐩𝐭𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫:
Rykdom word nie gemeet aan wat jy het nie, maar aan wat jy kan los.

𝐎𝐤𝐭𝐨𝐛𝐞𝐫:
Vir dié wat twyfel: Bid eers, praat later.

𝐍𝐨𝐯𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫:
Wees betroubaar en nie voorspelbaar nie. Voorspelbaarheid maak jou vervangbaar.

𝐃𝐞𝐬𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫:
Moenie jou bekwaamheid met selfstandigheid verwar nie. Jy hoef nie alles op jou eie te doen nie. Laat mense toe om jou te help.

Geniet jou laaste Saterdag vir die jaar!

- die Stigter
©Ineffable Digital Designs 2025

26/12/2025

Terwyl hy sing, besluit ek om die Kersliggies in my huis aan te skakel in die hoop dat iemand ook iets moois in die verte sal raaksien.

26/12/2025

BRIEF 26: Jy moet rus

Liewe Leser

Een van die uitdagings waarmee ek soms worstel, is om tyd vir myself af te staan met die doel om te rus. Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur, Hannes Noëth, het eenkeer gesê: "In plaas daarvan om te werk sodat ons kan rus, moet ons eerder rus sodat ons kan werk."

Soms stel ons ander mense se belange bo ons eie en voel dit amper verkeerd om vir onsself 'n blaaskans te gun, want mense het ons nodig en ons prioriteite sluit nie altyd ons eie belange in nie.

Alhoewel ons die verantwoordelikheid het om ons medemens te help, is ons ook verantwoordelik daarvoor om ons eie welstand te prioritiseer.

'n Báie goeie vraag wat 'n vriend onlangs vir my gevra het, was: "Wanneer jy iemand help, vra jouself af of jy besig is om afhanklikheid of onafhanklikheid te kweek?"

Wat kweek jy wanneer jy iemand help, liewe Leser?
Soms help ons mekaar een keer sonder om twee keer te d**k, want soms is een keer net genoeg, omdat die oplossing 'n volhoubare uitkoms bied.

Tyd staan nie stil nie en prioriteite en verantwoordelikhede ook nie. Kyk mooi na mekaar, maar kyk ook mooi na jouself. As jy na jouself omsien, sal dit makliker wees om na die mens langs jou om te sien.

Vriendelike groete
Hilde Kruger
Helpende Hand

Ouers is die eerste anker wat ’n mens aan die lewe gee, nog lank voordat jy besef wat liefde of opoffering beteken. Ek i...
26/12/2025

Ouers is die eerste anker wat ’n mens aan die lewe gee, nog lank voordat jy besef wat liefde of opoffering beteken.

Ek is van kleins af geleer dat jy jou medemens moet help en dat wanneer jy gee, nie iets terug moet verwag nie. My ouers het my geleer dat jou mense belangriker as erkenning is en dat diensbaarheid groter as jou status moet wees. Alhoewel Ineffable Digital Designs™ soms ook erkenning ontvang en platforms bereik, het ons nog altyd hierdie goue les gevolg.

Om vir jou ouers dankie te kan sê is 'n voorreg. Ons is nie deur hulle grootgemaak omdat dit maklik was nie, maar omdat liefde dit moontlik gemaak het. Om goeie ouers te hê is genade.

Dankie, Pa en Ma!
Elke jaar het sy eie uitdagings, maar ek waardeer dit dat julle altyd daar is.

Geniet jou Vrydag!
©Ineffable Digital Designs 2025

Stille nag, heilige nagJesus kind, lank verwagLig uit Lig, uit die Vader se ryk,word uit liefde aan mense gelykLoof die ...
25/12/2025

Stille nag, heilige nag
Jesus kind, lank verwag
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!

Welkom, o stille nag van vrede onder die SuiderkruisWyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruisKersfees kom, Kers...
25/12/2025

Welkom, o stille nag van vrede onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk dan ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer
Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye, vertel die ou verhaal...

Ons wens vir jou en jou geliefdes 'n geseënde Christusfees.
Van ons huis na joune!

©Ineffable Digital Designs 2025

GESEËNDE OUKERSAANDOp Oukersaand steek ons 'n ou kers aan, vir ons mense wat nog hier is, en vir dié wat vroeg moes gaan...
24/12/2025

GESEËNDE OUKERSAAND

Op Oukersaand steek ons 'n ou kers aan,
vir ons mense wat nog hier is,
en vir dié wat vroeg moes gaan.

Op Oukersaand,
sing ons saam,
in stille vrede roep ons Sy Naam.
Kersfees kom...
Kersfees kom...
Ek sien hoe die krismisrose blom.

Want op Oukersaand,
wag ons vreedsaam vir die volgende dag.
'n Bietjie hartseer,
'n bietjie bly,
'n bietjie nuuskierig oor wat ons hierdie jaar gaan kry.

Miskien 'n helder Somerkersfees,
of my mense se daarwees.
Miskien 'n Stille Nag
- ons sal net weet as ons tot môre wag.

Want op Oukersaand steek ons 'n ou kers aan,
en op Oukersaand sing ons saam...
Met 'n bietjie verlange,
en ook 'n bietjie hoop.
Kan jy die kerkklokke hoor beier?
Ja, ons is vry gekoop.

©Ineffable Digital Designs 2025

24/12/2025

Wanneer jy aan projekte in jou gemeenskap deelneem, raak jy deel van iets groter as jyself. Jou hande, jou glimlag, jou woorde – al voel dit klein, kan dit iemand se lewe onherroeplik verander.

𝐃𝐈𝐆𝐈𝐓𝐀𝐋𝐄 𝐊𝐄𝐑𝐒𝐊𝐀𝐀𝐑𝐓𝐉𝐈𝐄Ineffable Digtal Designs™ deel op 'n jaarlikse basis digitale kerskaartjies wat jy kan stoor en vir...
24/12/2025

𝐃𝐈𝐆𝐈𝐓𝐀𝐋𝐄 𝐊𝐄𝐑𝐒𝐊𝐀𝐀𝐑𝐓𝐉𝐈𝐄

Ineffable Digtal Designs™ deel op 'n jaarlikse basis digitale kerskaartjies wat jy kan stoor en vir jou naastes op kersdag kan aanstuur.

Met Kersfees om die draai, het ons goedged**k om Afrikaanse kerskaartjies aan jou te skenk sodat jy in Afrikaans vir jou mense 'n Geseënde Christusfees kan toewens.

Ideaal, want dis digitaal.©
Geseënde Christusfees.

*Kaartjies is slegs vir persoonlike gebruik en nie beskikbaar vir massaproduksie nie. ©Ineffable Digital Designs 2025

Heuning uit Ons Taaltuin! 🍯🐝
23/12/2025

Heuning uit Ons Taaltuin! 🍯🐝

Ek was amper elke Kersdag van my lewe hier op die plaas. Dis net genade. Genade, want jou omstandighede kan altyd verand...
22/12/2025

Ek was amper elke Kersdag van my lewe hier op die plaas. Dis net genade. Genade, want jou omstandighede kan altyd verander. Ek deel die volgende inskrywing wat ek in my veldjoernaal neergepen het:

"Vandag d**k ek aan Bethlehem wanneer ek na die ou kraal kyk. ’n Krip. ’n Stal. ’n Kind wat in die donker van die wêreld kom woon het. Die Here het nie die mooiste stoele of die grootste saal gekies nie, maar die plek waar stof en sterre mekaar ontmoet. Genade. Dis wat dit is."

Die geboorte van Christus het plaasgevind tussen gewone mense, in ’n ruimte waar die wêreld dit die minste sou verwag. Juis dáár, in nederigheid, is genade aan die mensdom gegee.

Mag dit 'n vreedsame tyd vir jou wees.
Mag ons na die mense verlang wat ons in die jaar moes groet.
Mag ons die dankbaarheid in die stilte hoor en raaksien.
Mag ons teenwoordig wees en besef dat gister agter ons sit en dat môre geduldig vir ons wag, want hier tussen die stof en die sterre lê daar vrede.

My kersboodskap aan jou is dat jy genade in alles weer sal begin raaksien. Nie net tydens die feesseisoen nie, maar regdeur die jaar.

Mag jy, liewe Leser, 'n geseënde Christusfees ervaar.

Geniet jou Maandag!
-die Stigter

©Ineffable Digital Designs 2025

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ineffable digital designs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ineffable digital designs:

Share

Ineffable

Ineffable (a.) Too great or extreme to be expressed or described in words.

These designs are ideal for digital invites/digital birthday cards/whimsical recognition/anniversaries/HK introductions and many more.

Ineffable Digital Designs and its content is copyright of Hilde Kruger. © Ineffable Digital Designs 2019 All rights reserved.

Any redistribution or reproduction of part or all of the contents in any form is prohibited.