Boermedia

Boermedia Boermedia - jou Afrikaanse stem wat bou aan ons taal, kultuur, geloof, denke & invloed. Ken jou volk

Boermedia is ‘n groep gewone mense met ‘n liefde vir ons volk wat ‘n media-platform probeer bou om jou toegang te gee tot ‘n wye verskeidenheid inligting en opinies. Alhoewel ons bou rondom ons volk se Geloofswaardes en beginsels moet elkeen van ons tog tot die besef kom dat daar selfs binne die volk baie verskillende opinies is. Wanneer Boermedia inhoud plaas is dit nie noodwendig omdat ons dit o

ndersteun nie, maar ons ondersteun die reg van ons mense om hulle opinies te deel. Ons respekteer ook die reg van ons mense om in sinvolle en beskaafde debat van mekaar te verskil. Agter die skerms verskil ons ook oor baie van die inhoud, maar stem saam dat mense self moet besluit. Boermedia is nie ‘n organisasie nie, nog minder is ons deel van enige organisasie. Ons bevorder nie enige iemand se agendas nie, ons doelwit is om gesprek te stimuleer. In kort- Boermedia ondersteun dus nie noodwendig die inhoud van ‘n plasing nie, maar ons ondersteun jou reg om ‘n opinie daaroor te vorm.

Europa weet nou ook.
08/09/2026

Europa weet nou ook.

Navorsing raam die jaarlikse koste van voldoening aan swart ekonomiese bemagtiging op tussen R145 miljard en R290 miljard – sowat 2% tot 4% van die bruto binnelandse produk.

08/09/2026

Business owners: how do you fight Employment Equity?

NEASA’s approach: maximum appropriate, realistic and ethical non-compliance — protecting your business, your people and your right to appoint the best person for the job.

“Business owners need a strategy — not blind compliance.”

To watch the full NEASA-Sakeliga webinar, follow this link: https://tinyurl.com/3zw68eaj

08/09/2026

Daar gaan 31 kanonskote op verskillende terreine afgeskiet word op 24 September. Kom kuier by die Voortrekkermonument om dit te beleef.

08/09/2026
08/09/2026

🚵‍♂️ TRAP DIE LENTE IN BY KLEINFONTEIN! 🚵‍♀️

Maak jou fiets gereed en bring die hele gesin vir die lekkerste bergfiets-avontuur van die jaar by die Kleinfontein Lente Karnaval!

Of jy net vir die pret wil saamry of jou bene wil toets, ons het die perfekte roete vir jou:

✅ 5km – R80 (Ideaal vir die kinders en beginners)
🔥 25km – R200 (Vir die wat lus is vir 'n groter uitdaging)

📅 Wanneer: 26 September
⏰ Wegspring: 07:00 tot 08:50
📍 Waar: Kleinfontein Lente Karnaval-terrein
📞Registreer : 064 542 4901

Na die wedren kan jy die res van die dag die regte karnaval-atmosfeer geniet met heerlike kosstalletjies, musiek en pret vir die kinders!

Smeer daardie ketting en kom trap saam vir 'n goeie doel!

Die Boerperd: 'n kameraad in die stryd om oorlewing.
07/09/2026

Die Boerperd: 'n kameraad in die stryd om oorlewing.

Daar is bande wat in swaarkry gesmee word en wat geen geskiedenisboek ooit volledig kan vasvang nie. Tussen die Afrikanervolk en die perd wat hulle oor die

06/09/2026

24 September ......

05/09/2026

Plattelandfokus - van oorleef na floreer. VIVO Boerebemarkingsdag 2026 - Paneelgesprek

Die hartklop van plaaslike samewerking, kultuurviering en landboutrots klop weer vanjaar by die Vivo Boerebemarkingsdag, wat op 4 en 5 September 2026 in Vivo, Limpopo, plaasvind. Lekker programme, bekende kunstenaars, ’n uitgebreide MammaMall, en die nuwe Maroela Media paneelgesprekke gee diepte, insig en innovasie in die landbou- en gemeenskapslewe.

Hierdie unieke jaarlikse ekspo bly die kernfondsinsamelingsprojek vir CVO Skool Vivo, maar dit is soveel meer as net ’n fondswerwingsgeleentheid. Die Boerebemarkingsdag bring boere, besighede, gesinne en die plaaslike gemeenskap saam in ’n viering van tradisie, kultuur en samehorigheid. Van tegnologiese landboudemonstrasies, indrukwekkende uitstallings, tot gesinsvriendelike aktiwiteite en kuns- en kultuuraanbiedings, daar is iets vir elkeen om te beleef.

Die 2026 program beloof ’n verskeidenheid hoogtepunte:

Bekende kunstenaars wat die verhoog sal betree vir onvergeetlike vermaak
’n Groter en beter MammaMall met plaaslike handwerk, lekkernye en kreatiewe produkte
Maroela Media paneelgesprekke, wat relevante landbou- en gemeenskapskwessies sal aanspreek
Interaktiewe kinderspeletjies
Kompetisies en geleenthede wat plaaslike talent vier
Die Vivo Boerebemarkingsdag is ’n geleentheid waar boere, besighede en gemeenskapslede saamwerk en deelneem, nie net om die skool te ondersteun nie, maar ook om die streek se landboutrots en kultuur te vier. Die deelname van elkeen dra by tot die unieke en kosbare samehorigheid wat hierdie geleentheid vir almal spesiaal maak.

Michelle van Wyk:
Whatsapp: 068 105 7365
E-pos: [email protected]

05/09/2026

Ondersteun ons borge hier by die Boerebemarkingsdag - hulle ondersteun ons skool.

04/09/2026

Vivo Boerebemarkingsdag is nie 'n gewone uitstalruimte vir besighede om net geld te maak nie. Nee, dit is mense en besighede wat deel is van 'n groter saak! Luister self. Hulle sorg vir 'n gemeenskap se kleiner skooltjie. Hierdie is mense met hart en karakter - hulle kuier en gesels en is baie vriendelik! Iets van ons volk is duidelik sigbaar - dit is ander mense hierdie. 👍

Address

Voortrekkermonument, Eeufees Road
Pretoria
0187

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boermedia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share