Boermedia

Boermedia Nuwe Boere met Nuwe Planne vir 'n Nuwe Begin. Ons respekteer ook die reg van ons mense om in sinvolle en beskaafde debat van mekaar te verskil.

Boermedia is ‘n groep gewone mense met ‘n liefde vir ons volk wat ‘n media-platform probeer bou om jou toegang te gee tot ‘n wye verskeidenheid inligting en opinies. Alhoewel ons bou rondom ons volk se Geloofswaardes en beginsels moet elkeen van ons tog tot die besef kom dat daar selfs binne die volk baie verskillende opinies is. Wanneer Boermedia inhoud plaas is dit nie noodwendig omdat ons dit o

ndersteun nie, maar ons ondersteun die reg van ons mense om hulle opinies te deel. Agter die skerms verskil ons ook oor baie van die inhoud, maar stem saam dat mense self moet besluit. Boermedia is nie ‘n organisasie nie, nog minder is ons deel van enige organisasie. Ons bevorder nie enige iemand se agendas nie, ons doelwit is om gesprek te stimuleer. In kort- Boermedia ondersteun dus nie noodwendig die inhoud van ‘n plasing nie, maar ons ondersteun jou reg om ‘n opinie daaroor te vorm.

Dit is hartsverblydend om te sien die inisiatiewe wat in Geloftedag vieringe ingaan. Doen so voort.
14/12/2025

Dit is hartsverblydend om te sien die inisiatiewe wat in Geloftedag vieringe ingaan. Doen so voort.

14/12/2025

Kanonskoot na die Gelofte afgelê is.

Paardekraal ontvang sy kanon met n seën
13/12/2025

Paardekraal ontvang sy kanon met n seën

Gaste uit Vlaandere kuier by die Voortrekkermonument en FAK.
13/12/2025

Gaste uit Vlaandere kuier by die Voortrekkermonument en FAK.

Die FAK het gisteraand ’n besondere geskenk uit Vlaandere ontvang.

Brenda lioris, Jef Mariēn en Ortwin Geerinck het spesiaal die Gelofte-aflegging by die Voortrekkermonument bygewoon, waar hulle met groot waardering ’n vlag van Vlaandere aan die FAK oorhandig het vir die goeie werke wat die FAK doen vir die behoud van Afrikanerkultuur en -identiteit

Hulle woon vanjaar ook Geloftedag by Bloedrivier in Suid-Afrika by.

Die FAK sê baie dankie vir hierdie besondere geskenk.

13/12/2025

Ons hoor deesdae die woord “volksmoord” (of “genocide”) al hoe meer. Maar wat is dit en weet ons regtig wat hierdie term beteken?

Bloedrivier Geloftedag se program.
12/12/2025

Bloedrivier Geloftedag se program.

𝗚𝗲𝗹𝗼𝗳𝘁𝗲𝗱𝗮𝗴: 𝗔𝗹𝗹𝗲𝘀 𝘄𝗮𝘁 𝗷𝘆 𝗺𝗼𝗲𝘁 𝘄𝗲𝗲𝘁

𝗣𝗿𝗼𝗴𝗿𝗮𝗺:
06:00 – Biduur in die walaer – Francois Schutte
08:30 – Voorsang in die saal
09:00 – Erediens in die saal – Ds. Bennie Marais, NG-leraar, Charl Cilliers Gemeente
10:30 – Gaskunstenaar: Elschante Bouman, Perdekommando en vlagvoorstelling, Kranslegging en Gelofte-afleggings, Vertelling en kanondemonstrasie

𝗘𝘁𝗲𝗻𝘀𝘁𝘆𝗱 𝗲𝗻 𝗹𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿𝗻𝘆𝗲:
🍰Die restaurant funksioneer as ’n koekwinkel met koffie, tee en koek.
🍲Daar sal ’n tent wees waar kerrie en rys, asook vetkoek en maalvleis gekoop kan word.
🎁Besoek ook die Smouswa-geskenkwinkel vir iets spesiaals om die dag te onthou.

Vir enige navrae, kontak Anton en Judean by:
📞 065 549 6681
📧 [email protected]

12/12/2025

Paardekraal Gelofte - oproep tot eenheid. Luister wat sê Prof Andries Raath.

TLU SA waarsku ouers tov sosialistiese cirriculum.
12/12/2025

TLU SA waarsku ouers tov sosialistiese cirriculum.

President Cyril Ramaphosa gaan op 16 Desember 2025 by Ncome Museum oorkant Bloedrivier sy toespraak lewer. Gaan hy sy ho...
11/12/2025

President Cyril Ramaphosa gaan op 16 Desember 2025 by Ncome Museum oorkant Bloedrivier sy toespraak lewer. Gaan hy sy houe uitdeel na die Afrikaner/Boer of gaan hy ons geskiedenis en kultuur en ons God respekteer?

Geloftedag of Versoeningsdag? ’n Oproep aan Afrikaners om sterk te staan in hulle identiteit, waardes en geloof.

== 1. Die betekenis van 16 Desember.

16 Desember 1838 – die Slag van Bloedrivier. Vir generasies Afrikaners is dit nie bloot ’n geskiedenisles nie, maar Geloftedag: ’n dag van geloof, identiteit en erfenis. Hierdie dag herinner ons aan die Gelofte wat die Voortrekkers gemaak het om God te loof en te eer vir beskerming en oorwinning en hulle het hulle nageslag ingebind in hierdie belofte.

In 2025 staan ons voor ’n nuwe uitdaging: President Cyril Ramaphosa sal die Reconciliation Day-toespraak lewer by die Ncome Museum, Nquthu, KwaZulu-Natal, presies op die terrein oorkant die wa-laer waar Afrikaners jaarliks die Gelofte herdenk. Hierdie besluit wek vrae oor bedoeling en simboliek — en dit vra dat Afrikaners wakker en waaksaam sal wees.

Die feesvieringe aan beide kante gaan uiteenlopend van mekaar verskil. Gaan daar drank aangery word om versoeningsdag te vier? Indien wel, hoekom? Wie gaan betaal vir die verrigtinge, kos en drank? En sê vir ons Mnr die President, hoeveel het julle begroot vir Bloedrivier en Voortrekkermonument?

== 2. Die Gelofte: ’n verbond met God.

Dit is nie net ’n geskiedenisles nie - Die Gelofte van 1838 gaan nie oor 'n oorwinning teen die Zoeloes nie. Dit is ’n heilige verbond tussen die Afrikaner en God, gebaseer op geloof, lojaliteit, dankbaarheid en vertroue.

Dit beklemtoon die geestelike dimensie - Alhoewel daar vrede bestaan en geen vyand meer op die horison staan nie, hou Afrikaners die Gelofte steeds om hul verbond met God te eer. Dit is ’n jaarlikse herinnering dat die volk nie net op eie krag staatmaak nie, maar op God se leiding en beskerming. Hoekom sal iemand hierdie wil disrespekteer?

Die Gelofte is 'n identiteitsanker - Die jaarlikse herdenking versterk Afrikaner-identiteit en geloofstradisie. Dit is ’n geestelike oefening wat die erfenis van ons volk in herinnering hou, ongeag wêreldse veranderinge. Dit leer ons opkomende geslagte om hulp en beskerming by God te gaan soek, nie by mense nie.

“Die Gelofte is soos ’n lig op die horison. Die oorlog is wel verby, die vyand lyk vandag dalk anders as destyds, die bedreiging is dalk nou in ander vorme, maar die lig herinner ons aan wie ons is en wie ons op vertrou — nie op ons eie krag nie, maar op God se beskerming en leiding.”

== 3. Die verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes ná Bloedrivier.

Daar was vrede ná die konflik - Na die Slag van Bloedrivier het Boere en Zoeloes ’n bewuste keuse gemaak om nie weer oorlog te voer nie en om ’n stabiele samelewing te bou — ’n voorbeeld van Bybelse versoening in praktyk. Groot oorloë is nooit weer gevoer nie, en ’n praktyk van samelewing langs mekaar het ontstaan. Beide volke het mekaar se identiteit erken en gerespekteer.

== 4. Die politieke konteks van 16 Desember 2025

Ramaphosa se besoek aan Ncome - Die besluit om die amptelike toespraak by Ncome te lewer, wek spanning en vrae oor sy bedoeling:

Kom hy om die Afrikaner se geskiedenis, se erfenis se God te erken of te verneder? Of kom hy om ’n ideologiese “Versoeningsdag” te promoveer?

Die politieke implikasies - In Afrikaner-gemeenskappe word gefluister dat Ramaphosa ’n toenemende vyandigheid teenoor Afrikaner-organisasies toon. Die bekommernis: Is die vyandskap teen Afrikaners ’n gerieflike instrument om politieke foute en die ANC se swak posisie te verberg? Is Ramaphosa besig om die Afrikanervolk as 'n sondebok onder sy stemmers uit te beeld?

== 5. Wat hierdie dag vir Ramaphosa gaan beteken.
Dit gaan 'n toets wees van eerlikheid en erkenning - Hierdie besoek is meer as ’n seremoniële stop. Dit is ’n toets van:
- Die president se bereidwilligheid om die Afrikaner se erfenis te eer.
- Die erkenning van die Gelofte van 1838, selfs al deel hy nie die geloof daarvan nie.
- Die keuse wat gemaak word sal vir ons aanduidend wees of hy doen wat hy spreek?
- Gaan hy Versoeningsdag gebruik om 'n staatsnarratief, 'n ideologiese herdefiniëring en moontlike antagonisme bevorder.

== 6. Afsluiting: ’n oproep aan Afrikaners.

Afrikaners moet wakker wees. Die balans van vrede wat ná Bloedrivier opgebou is, is delikaat en kan maklik vertroebel word deur politieke retoriek. Die Gelofte herdenk nie net ’n slag nie — dit herbevestig ’n verbond met God, ’n geestelike kern wat deur generasies versterk is.

Op 16 Desember 2025 sal die president sy keuse sigbaar maak. Ons keuse is duidelik: onthou, eer en beskerm ons geskiedenis en ons geloof in 'n Almagtige God. Ons gaan dit nie laat vervaag onder die druk van ideologiese narratiewe wat mense wil tevrede stel nie.

Wie die Gelofte vergeet of minag, stel homself en sy volk bloot aan geestelike verval, verlies van identiteit, en ’n verminderde vermoë om teen bedreigings op te staan. Dit is nie slegs ’n historiese of simboliese saak nie; dit is ’n waarskuwing dat ’n volk sy roeping, seëning en geestelike anker kan verloor as dit sy heilige verbintenis aan God nie eer nie.

Sterk staan volksgenoot, sterk staan. Mag jy 'n geseënde geloftedag hê.

Is jy opsoek na 'n Geloftefees naby jou of daar waar jy op vakansie is? Kyk op Boermedia se webbladsy - jy kan deur 247 ...
11/12/2025

Is jy opsoek na 'n Geloftefees naby jou of daar waar jy op vakansie is? Kyk op Boermedia se webbladsy - jy kan deur 247 Geloftefeeste kyk wat wêreldwyd gereël word, nie net in Suid Afrika nie.

Deel hierdie skakel met jou familie en vriende - nooi hulle uit na 'n geloftefees.

https://www.boermedia.co.za/lidmaatskap-geloftefeeste

Drie boere van Verkeerdevlei is ná langer as twee jaar vrygespreek nadat hulle aangekla was van verskeie oortredings voo...
11/12/2025

Drie boere van Verkeerdevlei is ná langer as twee jaar vrygespreek nadat hulle aangekla was van verskeie oortredings voortspruitend uit ’n beweerde voorval van veediefstal.

Die Smith-susters Janné en Lize-Mari het Donderdag (11/12) vir oulaas saam met Hendrik Steyn in die Brandfortse landdroshof voorgekom. Hulle is aangekla van poging tot moord, ontvoering, aanranding...

Het jy geweet?Die Nederlandse Statevertalers het meer as 400 jaar gelede aantekeninge “in die kant” geskryf om moeilike ...
11/12/2025

Het jy geweet?
Die Nederlandse Statevertalers het meer as 400 jaar gelede aantekeninge “in die kant” geskryf om moeilike Bybelgedeeltes helder en verstaanbaar te maak. Hierdie notas - die kanttekeninge - bevat soms meer woorde as die Bybelteks self!
Nou is hierdie ryk, Skrifgetroue verklarings vir die eerste keer volledig in Afrikaans vertaal.
Koop jou kopie: https://www.liginduisternis.co.za/.../die-nuwe-testament.../
Ontdek die diepte en wysheid van die kanttekeninge – nou in jou eie taal.

Kyk ook na die onderhoud wat Boermedia gedoen het met Prof Koos Adendorff - https://youtu.be/qQyHUaFjJZM

Het jy geweet?

Die Nederlandse Statevertalers het meer as 400 jaar gelede aantekeninge “in die kant” geskryf om moeilike Bybelgedeeltes helder en verstaanbaar te maak. Hierdie notas - die kanttekeninge - bevat soms meer woorde as die Bybelteks self!

Nou is hierdie ryk, Skrifgetroue verklarings vir die eerste keer volledig in Afrikaans vertaal.

Koop jou kopie: https://www.liginduisternis.co.za/product/die-nuwe-testament-met-die-kanttekeninge-1933-53-vertaling/

Ontdek die diepte en wysheid van die kanttekeninge – nou in jou eie taal.

Address

Silverton
Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boermedia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Boermedia:

Share

Ons doel!!

Die Grondwet bepaal die reg van minderheidsgroepe om hulle kultuur uit te leef en te bevorder. Tans is daar niemand wat aan die Boere en Afrikaners ‘n platform bied om hulle stem te laat hoor nie. Boermedia se doelwit is om hierdie platform te bou, vir jou om saam te gesels, saam te luister, saam te lag en saam te huil.

Ons doel is om gebruik te maak van moderne media toepassings om jou op hoogte te hou van nuus wat nêrens anders uitgesaai word nie, om jou toegang te gee tot debatte wat niemand bereid is om te voer nie, om jou te laat lag vir ons mense en hulle dinge en om saam met jou te huil oor die hartseer wat so baie van ons mense ervaar. Media-inhoud uit ons mense vir ons mense…