Ernst van Zyl

Ernst van Zyl Hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum. Engelse podsending: Conscious Caracal
Afrikaanse podsending: In alle Ernst
(2)

Giving my thoughts on politics and culture from southern Africa | Head of Public Relations at AfriForum | Documentary filmmaker | Local man

Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, reageer koel en kalm op Naledi Pandor se wilde uitlatings oor Akade...
13/08/2026

Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, reageer koel en kalm op Naledi Pandor se wilde uitlatings oor Akademia: “Hulle soek ʼn weerligafleier vir hul eie mislukkings. So, ons steur ons nie aan haar nie. Ons gaan volstoom voort.”

Afrikaners met selfrespek skrik nie vir koue kader-pampoen nie! Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers en brekers nie.

“Hulle soek ʼn weerligafleier vir hul eie mislukkings. So, ons steur ons nie aan haar nie. Ons gaan volstoom voort.”

As jy ’n Afrikaner is, verstaan die volgende: Die ANC beskou nie die bestaan van jou kultuur of taal as positiewe aspekt...
12/08/2026

As jy ’n Afrikaner is, verstaan die volgende: Die ANC beskou nie die bestaan van jou kultuur of taal as positiewe aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing wat gevier moet word nie. Hulle beskou dit eerder as ’n “probleem” wat opgelos moet word.

My nuutste repliek in Nuusweek: Die Suid-Afrikaanse regering het hul monopolie om wet en orde te handhaaf, prysgegeeSkak...
11/08/2026

My nuutste repliek in Nuusweek: Die Suid-Afrikaanse regering het hul monopolie om wet en orde te handhaaf, prysgegee

Skakel na die volle stuk in die kommentaar-afdeling ⬇

Hoe sou Suid-Afrika gelyk het sonder AfriForum?
10/08/2026

Hoe sou Suid-Afrika gelyk het sonder AfriForum?

MEDIASTORM: Die aantal afleggings by Media24 kan dalk baie groter wees as wat aanvanklik verwag is. Solidariteit, die gr...
09/08/2026

MEDIASTORM: Die aantal afleggings by Media24 kan dalk baie groter wees as wat aanvanklik verwag is. Solidariteit, die grootste vakbond onder Media24-werknemers, het dus geëis dat die maatskappy se strategiese en finansiële planne volledig bekendgemaak word, sowel as die salarisse van senior personeel en redakteurs.

Die tragedie van die agteruitgang by Media24 is juis dat die minste gepolitiseerde afdelings (soos sport, reis, vermaak en kook) nou die meerderheid van die gevolge moet dra. Die skade is berokken deur ’n handjievol aktivistiese, partydige joernaliste en senior personeel wat News24 gebruik om hul persoonlike politieke sake te bevorder en kritici van hul gunsteling politici te teiken.

Ons het nóg 'n vriend van die Afrikaners, AfriForum, en geregtigheid raakgeloop in Kaapstad hierdie week. Dankie vir jou...
08/08/2026

Ons het nóg 'n vriend van die Afrikaners, AfriForum, en geregtigheid raakgeloop in Kaapstad hierdie week. Dankie vir jou onwrikbare ondersteuning in ons stryd teen korrupsie, onteiening sonder vergoeding, mediakaping en wetteloosheid in Suid-Afrika, Rob Hersov 🤝🏻 Hou Truth Report News dop. 'n Paar goeie onderhoude is daar op pad oor die geskiedenis van AfriForum, asook ons Onteieningswet-saak.

UITSTEL: AfriForum en ander se hofsaak om die konstitusionaliteit van die Onteieningswet uit te daag in die Wes-Kaapse H...
07/08/2026

UITSTEL: AfriForum en ander se hofsaak om die konstitusionaliteit van die Onteieningswet uit te daag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad, is uitgestel tot 'n latere datum nadat nie alle regspanne kans kry om hulle argumente te lewer nie. Vele applikante en respondente is by hierdie saak betrokke. AfriForum, een van die applikante wat op dag een en twee kans gekry het om hulle saak te stel, se regspan moet nog repliek lewer. 3 respondente en 3 vriende van die hof moet nog hulle argumente voorlê, en die applikante moet nog kans kry om repliek te lewer voordat die saak kan afsluit.

AfriForum se senior regspan hulself puik van hul taak gekwyt hierdie week om die ongrondwetlikheid van die Onteieningswet uit te wys. Ons A-span regspan se argumente in hierdie saak was koeëlbestand en waterdig. Meer kon AfriForum se regspan nie gedoen het nie. AfriForum sal die nuwe datums wanneer hierdie saak gaan voortgaan kommunikeer sodra die hof dit bekendmaak. Gaan kyk gerus in die tussentyd die volle 5 dae in die hof se opnames op AfriForum se YouTube-kanaal.

07/08/2026

Die 5de dag van die Onteieningswet-saak in die Hooggeregshof in Kaapstad het begin. Daar is nog heelwat regspanne wat hul argumente moet voorlê, daarom is uitstel van die saak na 'n later datum beslis 'n moontlikheid. Ek sal julle op hoogte hou.

Volledige opnames van al 5 dae se hofverrigtinge is beskikbaar op AfriForum se YouTube-kanaal, sodat ons lede en die publiek in hul eie tyd na al die argumente kan luister. Ek sal ook hierdie kritiese saak in die komende weke in detail ontleed.

06/08/2026

Dag 4 van die Onteieningswet-saak het begin in die Hooggeregshof in Kaapstad in triestige weer. Vandag gaan die regspanne ten gunste van onteiening sonder vergoeding voort met hul argumente. Ons gaan aandagtig luister.

Hierdie hoofopskrif in die Citizen oor hoe Dag 2 van die Onteieningswet-saak verloop het, som hoe die AfriForum-regspan ...
05/08/2026

Hierdie hoofopskrif in die Citizen oor hoe Dag 2 van die Onteieningswet-saak verloop het, som hoe die AfriForum-regspan gedoen het in die hof perfek op. Hulle het nie gekom om speletjies te speel in so 'n kritiese stryd nie. Ek hou julle op hoogte.

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ernst van Zyl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share