30/09/2026
Ma’s en dogters. Daar is liefde, lag, drukkies… en natuurlik daardie bekende oogrolle! In hierdie episode van Leef Lig gesels ek, Janine Bevolo-Manders oor die mooi, snaakse en soms uitdagende wêreld van ma-dogterverhoudings.
Ons kyk na hoe ons mekaar beter kan verstaan, waarom luister soms belangriker is as raad gee, en hoe ons ons dogters kan laat groei sonder om die band met hulle te verloor.
Vir mammas met klein dogtertjies, groot dogters en almal tussenin.
Kyk saam, deel met iemand vir wie jy lief is, en onthou: liefde groei dikwels in die kleinste oomblikke.
https://youtu.be/__hi4FgN_W8