WinslynTV

WinslynTV Winslyn is 'n regstreekse geselsprogram wat fokus op entrepreneurskap, innovering en nuwe geleenthede. Donderdae om 17:30 op kykNET (DStv kanaal 144).

Baie dankie vir jou deelname aan Winslyn se Facebook-blad. Lees egter die volgende reëls deeglik deur:

1. Geen haatspraak sal geduld word nie.

2. Moenie vernederende, kru of onvanpaste byname gebruik wanneer jy na Winslyn of die aanbieder verwys nie.

3. Moenie ’n ander gebruiker van Winslyn se Facebook-blad in die verleentheid stel, dreig, vloek of seksueel teister nie.

4. Vir jou eie veilighe

id, moet asseblief nie enige persoonlike inligting (ID-nommer, selfoonnommer of adres) op Winslyn se Facebook-blad deel nie. Dit sal verwyder word. Stuur liefs ’n private boodskap.

5. Negatiewe kommentaar, kommentaar van afbrekende aard of kommentaar wat ten doel het om vyandigheid aan te hits, mag gemodereer of verwyder word.

6. Dubbele plasings (navrae wat reeds beantwoord is of enige poging om gemorspos of “spam” te versprei) mag deur ons verwyder word.

7. Gebruikers mag nie valslik namens MultiChoice, DStv, M-Net, Don’t Look Down Productions of kykNET plasings doen nie. Gereelde oortreders sal van die blad verwyder word.

8. Antwoorde op enige plasings of gebruikers wat skuldig is aan die oortreding van bogenoemde reëls, wat ook die reëls oortree, sal dienooreenkomstig gemodereer word.

9. Geen gemorspos (“spam”) met aanstootlike foto’s of video’s sal geduld word nie. Skakels wat boonop niks met die program te make het nie, sal verwyder word.

10. As jy d**k jy het ’n navraag wat reeds aangespreek is, besoek asseblief ons webblad www.kyknet.tv vir meer inligting.

11. Hierdie platform is ’n ruimte vir gebruikers om hul ervaring met ons en ander gebruikers te deel. Kom ons hou dit asseblief skoon.

*Let wel: Enigeen wat die reëls gereeld verontagsaam, sal van die blad verwyder word.

08/12/2022

Hoe maak jy die skuif van die korporatiewe wêreld na kuns? Niel Joubert bespreek sy boek, Wh**ey - Sakereus van Shoprite, en ons gaan kuier by die tekstielbesigheid, Mungo Design .

Moet nie WinslynTV misloop nie, vandag om 17h30 op kykNET saam met Divan Botha en Everest Wealth

Andries Visser
kykNET

24/11/2022

Hierdie week fokus WinslynTV op alternatiewe beleggings, onder andere eiendom. Ons gesels oor die verblyfplatform Airbnb en ons kuier by die akteurs Lika Berning en Clyde Berning in die Tuinroete.

Everest Wealth
kykNET
Divan Botha

10/11/2022

Vandag op WinslynTV gesels ons oor tegnologie: van opvoedkundige teddiebere, kriptobates wat gereguleer word, alternatiewe beleggings saam met Everest Wealth en inkubators vir blomboere.

17h30 op kykNET, saam met Divan Botha.

09/11/2022

Dit is geweldig moeilik vir kleinskaalse blomboere om kommersieel te kompeteer. Dit is waar Timbali Technology Incubator ‘n rol speel – om klein boere bloot te stel aan lenings, produksiesisteme én ‘n mededingende mark.

Moet nie WinslynTV misloop nie, elke Donderdag om 17h30 op kykNET saam met Divan Botha .

Everest Wealth

08/11/2022

WinslynTV se aanbieder, Divan Botha, gesels dié week met Renaldo Schwarp op Kassie-kuiers. Moet dit nie misloop nie – Woensdag om 09h00 op kykNET.

03/11/2022

Vandag op WinslynTV gesels ons met Thys van Zyl van Everest Wealth, Amelia Morgenrood van PSG Wealth en Nerina Visser van ETF SA oor sakenuus, aandele en beleggings.

17h30 op , saam met Divan Botha. Moet dit nie misloop nie!

Everest Wealth

Hoe kry tegnologie-ondernemings befondsing? Wat moet my besigheid doen om sukses in die toekoms te waarborg? En, hoe wee...
28/10/2022

Hoe kry tegnologie-ondernemings befondsing? Wat moet my besigheid doen om sukses in die toekoms te waarborg? En, hoe weet ek my besigheidsplan is uniek? Ons gesels oor tegnologie met Eidde Francke , die uitvoerende hoof van Get Franck, Tervern Jaftha, die uitvoerende hoof: Start-up Culture en Christo Davel, die handelshoof van Direct Transact.

Indien jy WinslynTV Donderdagaand misgeloop het, kyk uit vir die heruitsending op kykNET.

Saterdag 13:30
Maandag 15:30

Everest Wealth
Divan Botha

Innoverend – Paneelgesprek: Tegnologie en besigheid – Winslyn | 27 Oktober | kykNET Hoe kry tegnologie-ondernemings befondsing? Wat moet my besigheid doen om...

Wat moet boere weet oor sonkragstelsels? Kan die staat se wildsvleisstrategie meer vleis in winkels verseker? En, ons ge...
20/10/2022

Wat moet boere weet oor sonkragstelsels? Kan die staat se wildsvleisstrategie meer vleis in winkels verseker? En, ons gesels met Livingseeds.co.za oor in erfsaad en hoenders.

Kyk WinslynTV vandag om 17h30.

Divan Botha
Sonfin
Everest Wealth
kykNET

17/10/2022

Elizabeth Tristram verkoop haar kuns wêreldwyd. Sy het besef daar is ‘n leemte in die kunswêreld: kunstenaars word nie altyd geleer hoe om besigsheidseienaars te wees nie. Nou deel sy graag haar kennis met ander.

As jy verlede week misgeloop het, kan jy ons laaste heruitsending vandag om 15h30 kyk.

Everest Wealth
kykNET
Divan Botha

13/10/2022

Die stigters van Umatie vertel hoe hulle babakos-besigheid groei, ons kuier by ‘n student wat vroegtydig haar onderneming stig en ons fokus op besigheidsvernuf in die kunswêreld.

Moet nie vandag WinslynTV misloop nie, 17h30 op kykNET saam met Divan Botha.

Foxi Original
Elizabeth Tristram Art
Everest Wealth

07/10/2022

Ons gaan kuier dié week by Bev's Burgers in Johannesburg. Bevan Visser moes ‘n nuwe loopbaan aanpak weens die Covid-19-pandemie. ‘n Jaar en ‘n half later wen een van sy disse die tweede beste burger in die stad.

Indien jy WinslynTV Donderdagaand misgeloop het, kyk uit vir die heruitsending op kykNET.

Vrydag 10:30
Saterdag 13:30
Maandag 15:30

Divan Botha
Everest Wealth

06/10/2022

Hoe herbou jy jou loopbaan na ‘n reuse terugslag? Ons gesels met die loopbaanvoorligter, prof. Zak Nel, ons gaan kuier by Bev's Burgers in Johannesburg en Johannes Bertus de Villiers gesels oor sy nuwe boek, Meer as jou seerkry.

Moet nie WinslynTV misloop nie, vandag om 17h30 op kykNET saam met Divan Botha.

Everest Wealth

Address

Stark Studios
Randburg
2194

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when WinslynTV posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share