Baie dankie vir jou deelname aan Winslyn se Facebook-blad. Lees egter die volgende reëls deeglik deur:
1. Geen haatspraak sal geduld word nie.
2. Moenie vernederende, kru of onvanpaste byname gebruik wanneer jy na Winslyn of die aanbieder verwys nie.
3. Moenie ’n ander gebruiker van Winslyn se Facebook-blad in die verleentheid stel, dreig, vloek of seksueel teister nie.
4. Vir jou eie veilighe
id, moet asseblief nie enige persoonlike inligting (ID-nommer, selfoonnommer of adres) op Winslyn se Facebook-blad deel nie. Dit sal verwyder word. Stuur liefs ’n private boodskap.
5. Negatiewe kommentaar, kommentaar van afbrekende aard of kommentaar wat ten doel het om vyandigheid aan te hits, mag gemodereer of verwyder word.
6. Dubbele plasings (navrae wat reeds beantwoord is of enige poging om gemorspos of “spam” te versprei) mag deur ons verwyder word.
7. Gebruikers mag nie valslik namens MultiChoice, DStv, M-Net, Don’t Look Down Productions of kykNET plasings doen nie. Gereelde oortreders sal van die blad verwyder word.
8. Antwoorde op enige plasings of gebruikers wat skuldig is aan die oortreding van bogenoemde reëls, wat ook die reëls oortree, sal dienooreenkomstig gemodereer word.
9. Geen gemorspos (“spam”) met aanstootlike foto’s of video’s sal geduld word nie. Skakels wat boonop niks met die program te make het nie, sal verwyder word.
10. As jy d**k jy het ’n navraag wat reeds aangespreek is, besoek asseblief ons webblad www.kyknet.tv vir meer inligting.
11. Hierdie platform is ’n ruimte vir gebruikers om hul ervaring met ons en ander gebruikers te deel. Kom ons hou dit asseblief skoon.
*Let wel: Enigeen wat die reëls gereeld verontagsaam, sal van die blad verwyder word.