Goudini Manne en gesinne vir Christus

Goudini Manne en gesinne vir Christus Hier bemoedig, ondersteun, bid en gee ons om vir mekaar. Ons voed saam- liggaam, siel en gees.

11/03/2024
30/06/2023

🥪☕️

20/06/2023
12/01/2023

DUCK OR EAGLE?
You decide.
I was at the airport when a taxi driver approached me.

The first thing I noticed in the cab was a phrase, I soon read:

- Duck or Eagle?
You decide.

The second thing I noticed was a clean, shiny cab, the driver well dressed, white shirt and well pressed pants, with a tie.

The taxi driver got out, opened the door for me and said:

"I am John, your chauffeur.
While I'm putting your luggage away, I'd like you to read on this card what my mission is."

On the card was written:

John's Mission
- To get my clients to their destination quickly, safely and economically, while providing a friendly environment.

I was impressed.

The interior of the cab was equally clean.

John asked me:
"Would you like some coffee?"

Joking with him I said:
"No, I'd rather have a juice.

He immediately replied:
"no problem.
I have a thermos with regular juice and also diet juice, as well as water," he also told me:
"if you wish to read, I have today's newspaper and also some magazines."

As the race began John told me:
"These are the radio stations I have and this is the repertoire they play."

As if that wasn't enough, John even asked me if the temperature of the air conditioning was good.

Then he told me what was the best route to my destination and if I wanted to talk to him or if he preferred that I not be interrupted.

I asked:
"Do you always serve your customers like this?"

"No," he replied.
"Not always.
Only in the last two years.
My first few years as a taxi driver I spent most of my time complaining just like the other taxi drivers.
One day I listened to a doctor who was a specialist in personal development.
He wrote a book called :Who you are makes the difference!
He said:
If you get up in the morning expecting to have a lousy day, you certainly will.
Don't be a DUCK!
Be an eagle!

Ducks just make noise and complain, eagles soar above the pack.

I was all the time making noise and complaining.

So I decided to change my attitudes and be an eagle.

I looked at the other cabs and drivers.
The dirty cabs, the unfriendly drivers, and the dissatisfied customers.

I decided to make some changes.
Since my customers responded well, I made a few more changes.

In my first year as an eagle, I doubled my turnover.
This year, I have already quadrupled it.

You are lucky you took my cab today. I am no longer at the cab stand.
My customers book through my cell phone or send me a message.
If I can't pick up, I get a trusted "Eagle" taxi driver friend to do the job."

John was different.
He offered a limousine service in a regular cab.
John, the taxi driver, decided to stop making noise and complaining like ducks do and started flying over the group like eagles do.

It doesn't matter whether you work in an office, with maintenance, a teacher, a civil servant, a politician, an executive, an employee, a freelancer, or a taxi driver!
How do you behave?

Are you dedicated to making noise and complaining? Or are you elevating yourself above the others?

Remember: THE DECISION IS YOURS!

That key only opens from the inside!

AND YOU HAVE LESS AND LESS TIME TO CHANGE!

2023 will be nothing new if we don't have *new attitudes!*

May we be *better fathers,* * *better husbands* *better wives, better mothers, better children, better friends, better Christians*!

May we not *repeat the mistakes* of the past!

May we *pray more, praise more, thank more*!

May *God the Almighty* give us the wisdom we need to be *eagles*, so that we can fly high and live in a better world of peace. !!!!

LET'S BE EAGLES 🦅 IN 2023 !

Source: unknown

06/01/2023

VOORSPOEDIGE 2023 AAN ELKEEN VAN JULLE
.............. LEKKER LEES (LAG)

*Breaking News!*
Daar is vandag aangekondig dat die bekende vermaaklikheidsgroep, genoem "Beurtkrag", weer vandag met hul landswye toer gaan begin ter viering van hul nuwe album “Fase Twee”. Hul weergawe van bekende treffers soos “The Sounds of Silence”, "Black is Black", "Donkermaan", "Paint it Black" en “Baby, come and light my fire” is steeds heel bo-aan die trefferslyste en is 'n kragtoer van ongeëwenaarde impak en trefkrag!
Luisteraars en konsertgangers word versoek om asseblief hulle lampe, selfoonligte, sigaretaanstekers en kragopwekkers aan te skakel, en selfs kerse aan te steek tydens die vertonings.
Die groep is veral bekend daarvoor dat hulle soms onverwags opdaag en op kort kennisgewing hul vertonings lewer. Die groep is so gewild dat alle aktiwiteite in die omgewing waar hul optree, tot stilstand kom en werkgewers gee selfs hulle personeel af om dié verrassingskonserte by te woon.
Beurtkrag- bewonderaars word gemaan om hul brandstof en batterye gereed te hou vir die impromptu vertonings.
Geniet die vertonings - onthou dit kos die Suid-Afrikaanse belastingbetaler baie geld om hierdie konserte gratis na die mense toe te bring!
Net nog 'n bewys dat ware demokrasie almal raak en dat almal daarby baat vind!
(Goedgunstelik aan julle gestuur deur die inisiatief "Power to the People").

01/11/2022

‘n Passasiers skip het vergaan tydens ‘n hewige storm op see en slegs twee mans het die tragedie oorleef. Hulle het uitgespoel op ‘n klein eensame en verlate eiland.
Die twee oorlewendes was heeltemal raadop en het besluit dat die enigste uitweg was om tot God te bid.
Maar om te bepaal wie se gebed oor die meeste krag beskik is besluit om die eiland in twee te verdeel en elkeen bly slegs op sy helfte van die eiland.

Die eerste ding wat die eerste man voor gebid het was kos. Die volgende oggend sien die eerste man dat daar ‘n boom op sy gedeelte van die eiland staan wat heerlike vrugte dra en hy kon sy honger daarmee stil.

Die ander man se gedeelte van die eiland was steeds kaal, sonder ‘n enkele boom wat vrugte dra.

Na ‘n week het die eerste man begin eensaam raak en hy besluit om te bid vir ‘n vrou wat hom geselskap kan hou en bystaan. Die volgende dag het nog ‘n skip vergaan en die enigste oorlewende was ‘n vrou. Sy het na sy gedeelte van die eiland geswem.

Op die ander gedeelte van die eiland was daar net mooi niks.

Baie gou het die eerste man gebid vir ‘n huis, klere en nog meer kos.
Die volgende dag het daar aan sy kant van die eiland genoeg planke uitgespoel om ‘n huis te bou tesame met hout kiste vol klere en kosvoorrade.

Maar,
Die ander man het steeds niks gehad nie.

Laastens het die eerste man gebid vir ‘n boot wat hom en sy vrou sou kon red van die eiland af. Die volgende oggend vind hy dat ‘n boot aan sy kant van die eiland voor anker lê.

Die man en sy vrou het na die boot geswem en hy het besluit dat hy die ander man op die eiland gaan los.
Hy het die ander man nie waardig genoeg geag om te deel in die seëninge wat God hom geskenk het nie aangesien nie een van sy gebede verhoor is nie.

Terwyl die boot op die punt staan om te vertrek hoor die eerste man die stem van God.

“Waarom los jy jou metgesel wat saam met jou die ramp oorleef het agter op die eiland?”
“My seëninge wat ek ontvang het is myne alleen, aangesien ek die een is wat vir hulle gebid het,” antwoord die man. “Sy gebede was almal onbeantwoord en daarom verdien hy nie enige iets nie.”

“Jy maak ‘n groot fout!” vermaan die Stem hom. “Hy het slegs een gebed gehad, wat Ek beantwoord het. As dit nie daarvoor was nie het jy geeneen van My seëninge ontvang nie.”

“Vertel my asseblief,” vra die eerste man aan God, waarvoor het hy gebid dat ek hom enigiets verskuldig sou wees?”

“Hy het gebid dat al jou gebede beantwoord mag word.”

Vir al wat ons weet is ons seëninge nie die vrug van slegs ons eie gebede alleen nie, maar ook van die gebede van ander wat vir ons bid.

Toe Yahshua vir ons gesterf het aan die kruis het Hy aan jou gedink!

(Rom 8:27) En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
(Rom 8:28) En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

📍Brenda

18/10/2022

Pierre Cronjè het die pragtige stukkie geskryf:

*_Amen en koebaai..._*

Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe:

♡ die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg, en dan opstaan en die dag voluit aanpak...

♡ En dan is daar die amen en koebaai bid.

♡ Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie, en sommer net rou emosie is:
☆ verlange wat te veel word,
☆ vrees vir dinge wat wag,
☆ hartseer oor dinge wat gebeur het.

♡ En as mens so voor die Here 'voel', wil mens nie amen sê nie ... want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik.

♡ Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas, weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie. Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

♡ Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê...

♡ Op amen en koebaai dae, mag jy maar net stil by Hom sit en Hom vra om vir jou lief te wees.

♡ Op amen en koebaai dae, mag jy jou oë toemaak en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou.

♡ Op amen en koebaai dae mag jy maar jou kop teen Sy bors laat sak, en jou huile huil.

♡ Op amen en koebaai dae maak dit nie saak of jy amen sê nie ... want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, het gesê: "Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer van verlang na 'n geliefde nie, nie vir die spoke van die verlede of die uitdagings wat voorlê nie)."

❤ *_"Want Ek is by jou ... Altyd"_*

17/09/2022

Mag ek dit elke dag onthou...

●Moenie op mekaar skreeu wanneer julle verskil nie. Dit doen skade aan julle verhouding. (Spreuke 15:1)
●Moenie kwaad praat van mekaar by ander nie. Jou woorde het krag. (Gen. 2:19)
●Deel nie mekaar se intimiteit met ander nie. Dis owerspel. (Matt. 5:28)
●vergelyk nie jou maat met ander nie. Jou maat was en is jou keuse. (2 Kor. 10:12)
●Weerhou nie intimiteit van mekaar nie. Jul liggame behoort aan mekaar. (1 Kor. 7:5)
●Wees sag en liefdevol. Julle het albei immers jul lewens vir mekaar opgeoffer. Dit maak seer wanneer julle ongeskik en onbeskof teenoor mekaar is omdat julle geirriteerd is. Wees sag. (Efe. 4:2)
●Gee nie plek vir geheime nie. Julle is een. Geheime veroorsaak verdeeltheid. (Gen. 2:25)
●Negatiewe kommentaar teenoor mekaar is afbrekend en doen skade aan jul verhouding sekuriteit. Julle wil veilig voel bymekaar en mekaar bou.
●Jou maat se liggaamsbou bepaal nie hul waarde nie. Waardeer en bemin mekaar tot jul oud is. (Efe. 5:29)
●Behandel mekaar met respek voor ander en ook wanneer jul alleen is. Hanteer verskille met liefde en oop kommunikasie wanneer julle privaat is, nie voor ander en nie voor kinders nie. (Matt. 1:19)
●Sê gereeld vir mekaar julle waardeer mekaar en respekteer mekaar en dat julle mekaar se moeite en opofferings waardeer. (1 Tes 5:18)
●Maak saam kos sonder kritiek en geniet die samesyn in die kombuis of wys waardeering vir mekaar se kookkuns. (Spr. 31:14)
●Stel nie die kinders se belange voor mekaar nie. Julle het mekaar eerste immers lief. Stel ook nie die famielie eerste nie. (Gen. 2:24)
●Belê in mekaar se geestelike groei deur geestelike leestof aan te skaf en bid vir mekaar. Jou en jou maat se verhouding met God is baie belangrik. (Efe. 5:26)●Spandeer kwaliteit tyd bymekaar en laat mekaar belangrik voel. (Jak. 5:16)
●Maak tyd om met mekaar te speel en te lag. Die lewe het genoeg stres en dinge. Julle skryf die verhaal van mooi in jul lewens en julle is daar om mekaar gelukkig te hou. Doen dit terwyl julle kan. (Pred. 9:9)
●Moenie dat geld julle vreugde bepaal nie. Maak seker dat dit nie n wapen teen mekaar is nie en onthou jul albei verdien die inkomste al is net een op n payroll. (1 Pet. 3:7)
●Moenie mekaar se swakhede blootstel nie maar bedek dit eerder, jy kan jou eie swakheid so bloodstel en jouself sleg laat lyk. Beskerm mekaar, dit sal jou waarde verhoog. (Efe. 5:30)
●Eer mekaar se ouers en reik uit na die kinders. (Hoogl 8:2)
●Moet nooit nalaat om haar te vertel dat jy haar liefhet nie. Sy wil dit altyd hoor. (Efe. 5:25)
●Groei in jou Christenskap, dis die enigste manier hoe jy 'n goeie en Goddelike man en vrou kan wees. (Rom. 8:29)

18/08/2022

SPREUKE 3:27

Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

12/08/2022

Welkom by Wynvlieg. Ek is nie ‘n gekwalifiseerde sielkundige nie. Ek stel net in mense belang.Kontak stuur ‘n epos aan [email protected]

08/08/2022

Sit dit af, sit dit af!
deur Stephan Joubert

“Sit dit af, sit dit af.” So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te emosioneel en te onvoorspelbaar.

Studies van die Amerikaanse navorser, Cliff Nass, toon aan dat meer en meer mense hulle slimfone verkies om gesprekke te voer, selfs emosionele gesprekke. In dieselfde asem toon sy studies aan dat diegene, wat boer op sosiale media, se vermoë om hulle eie sowel as ander mense se emosies te lees, dramaties afneem. Hulle raak emosioneel afgestomp. “Technology does not provide sentimental education,” sê hy. Daarom het ons almal verhoudings nodig, gesig-tot-gesigverhoudings. Gesprek en persoonlike nabyheid is noodsaaklik vir ons eie groei en sosiale vorming. So het die Here ons gemaak. Hyself wil heel eerste ons gesig sien, nie ons rug nie. Om so saam met die Here te kuier, is om reg te groei in ons geloof. Hy wil een-tot-eentyd met ons hê. Dit gebeur as ons met Sy Woord besig is en deur gebed. Hy wil met ons praat en saam met ons die lewenspad loop. Ook is ons dit aan ons vriende en familie verskuldig om gedurig ons selfone en rekenaars af te skakel en met hulle te kuier. Ons is nie selfoonslagoffers nie, of sosiale mediaverslaafdes nie. Ons moet sonder ons fone en ons sosiale media kan lewe.

https://bit.ly/3PJ51L3

Address

Rawsonville

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goudini Manne en gesinne vir Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Goudini Manne en gesinne vir Christus:

Share