Richtersveld Bulletin

Richtersveld Bulletin inligtingsblad vir die mense van Richtersveld ...ons stories ons mense en ons omgewing

hierdie inligtingsblad deel slegs nuus en stories vanuit die Richtersveld omgewing

Hier is n lekker resep as jy dalk so iets in toekoms wil maak...4 x Flippen Lekker Kerrie Resepte. ........................
23/11/2022

Hier is n lekker resep as jy dalk so iets in toekoms wil maak...

4 x Flippen Lekker Kerrie Resepte. ............................................................
NOG NET 2 DAE OOR - PROMOSIE
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na: [email protected]..............................................................
Lekker Lam Skenkel Kerrie om so bietjie hitte in die lyf te sit.

In 'n bietjie olie, braai 2 groot uie wat in ringe gesny is tot sag. Sit dan so 3 fyngekapte knoffelhuisies by, en braai nog so minuut.
Gooi kerrie-mix by.

Kerriemix -
1 Teelepel Masala
1 Teelepel Medium warm-Kerriepoeier
1 Teelepel Borrie
Halwe Teelepel Fyn Gemmer
1 Teelepel Fennel Saadjies
3 Heel Naeltjies
2 Teelepels Sout
1 Eetlepel Suiker
1 Eetlepel Appelkooskonfyt
2 Eetlepels Wit Asyn

Meng alles saam in 'n bakkie en gooi dan by die uie.
Braai net so minuut saam, dan pak so 1kg Skenkels in. Laat hulle so bietjie bruin braai terwyl jy van tyd tot tyd roer.

Gooi water in tot skenkels net net bedek is, en kook tot skenkels begin sag word.

(Maak dit sommer in die ou manual tipe stoompot). Sit stoompot op stoof en laat hom pressure bou, wanneer hy begin stoom blaas laat hom stoom vir so 20min dan haal jy hom af sodat die pressure stadig op sy tyd release.

Terwyl jy wag skil so 4 aartappels en sny in blokkies.

Wanneer stoompot se pressure weg is, gooi aartappel by en sit pot terug op die hitte. Kook tot aartappel sag is en stel die hitte op stadig.

Skep van sy sous uit in 'n koppie en gooi 1 teelepel Maizena by en roer goed deur. Gooi dit terug in die pot en roer tot die sousie lekker dik word.

Wanneer die sousie verdik het, skep op samp, rys, pap, brood, of enige iets wat lekker daai sousie kan vang.
Bron: Watertand Resepte. ........................................
FLIPPEN LEKKER KERRIE HOENDER

1 ui gekap
Olie
10 ml kerriepoeier
2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
1/2 klein groen soetrissie in blokkies gesny
250ml rooiwyn (laat die uit as jy wil en vervang dit met hoenderaftreksel - 1 blokkie ekstrak opgelos in kookwater)
80ml blatjang
25ml appelkooskonfyt
1 kg gaar hoender (vlok of sny in blokkies of stukke)
250ml mayonnaise
50ml room

Soteer ui en groen soetrissie in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai sowat 1 minuut.

Voeg die tamatie, rooiwyn, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut.

Meng dan die hoender asook die mayonnaise en room by en verhit tot lekker warm.

Genoeg vir ongeveer 4 mense – bedien saam met rys
Indien verkies kan jy so 2 groot wortels geskil ook inrasper by die resep asook blokkies aartappels (maak die aartappels eers gaar voor jy dit by die kerrie gooi)
Bron: Watertand Resepte................................................
KERRIE PYNAPPEL FRIKKADELLE

Frikkadelle: Braai 1 gekapte ui in bietjie olie, braai 2 t medium kerriepoeier by en skep uit en koel af.

Meng vlg saam in bak: 2 dik snye dag-oue witbrood in bietjie water. Druk water uit, voeg by: 80 ml melk, 600 gr maalvleis, 45 ml vrugteblatjang, 30 ml asyn, 1 groot gerasperde geelwortel ,1 geklitste eier en voeg uie mengsel by. Geur met sout en peper.

Meng met vurk deur en vorm bolletjies. Plaas in ‘n oondbak. Sous: Braai 3 gekapte ui in bietjie olie, Roer 3 E medium kerriepoeier by, 125 ml asyn, 5 ml borriepoeier, 30 mil bruinsuiker, 60 ml appelkooskonfyt en 400 ml kookwater.

1/4 t sout en 1 blikkie fyn- of stukkies pynappel met sous en al.

Kook 10 minute en gooi oor frikkadelle in oondbak. Bak oop vir 45 minute by 180 gr C. Bedien op wit rys.
Bron: Resepte vir Almal. ...............................................
KERRIE MARINADE VIR SOSATIES

BENODIG:
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water.

Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by.

Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer.

Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties.
RUMPSTEAK is net so lekker.
Bron: Resepte vir die Jongergeslag.

23/11/2022
Stuur ons n whatsapp  na 0607542515 as jy belangstel
23/11/2022

Stuur ons n whatsapp na 0607542515 as jy belangstel

We operate in the Richtersveld  area...you are welcome to contact us for more information  about our business
23/11/2022

We operate in the Richtersveld area...you are welcome to contact us for more information about our business

Adverteer jou besigheid op ons blad.Ons kan help om jou besigheid te adverteer dat meer mense van dit weet...Ons kan sel...
22/11/2022

Adverteer jou besigheid op ons blad.Ons kan help om jou besigheid te adverteer dat meer mense van dit weet...Ons kan self n kort video ook maak van jou besigheid teen n baie klein fooi....Ons is hier om te help sodat besighede in ons omgewing kan groei....so as jy belangstel stuur ons n whatsapp na 0607542515

Doen nou aansoek vir befondsing vir jou besigheid....
22/11/2022

Doen nou aansoek vir befondsing vir jou besigheid....

Address

Richtersveld

Telephone

+27607542515

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Richtersveld Bulletin posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Richtersveld Bulletin:

Share