Mooi Troues

Mooi Troues Aanlyn Trou Publikasie + Trougids Mooi Troues is Suid-Afrika se premium aanlyn trou publikasie.
(1)

Nielo en Karla se stylvolle plaastroue in die hartjie van die Swartland is ’n meesterstuk van plaas-elegansie, romanties...
29/12/2025

Nielo en Karla se stylvolle plaastroue in die hartjie van die Swartland is ’n meesterstuk van plaas-elegansie, romantiese besonderhede en asemrowende dekor. Die ou stoor, omskep in ’n pragtige kapel en onthaalruimte, is die absolute hoogtepunt — ’n plek waar rustieke plaasgevoel perfek saamvloei met moderne kontemporêre elemente. Groenigheid wat vanuit die dak sak, wolke van wit blomme, warm kerse en elegante tafels skep ’n sprokiesmooi atmosfeer wat hul dag onvergeetlik gemaak het.

Van die fotosessie tussen olyfbome tot die sagte sonlig oor die Swartlandse vlaktes — elke beeld is bloot betowerend. Hierdie troue wys hoe kreatief ’n plek kan transformeer wanneer die regte span saamwerk.

Lees die volledige artikel:
https://www.mooitroues.co.za/2025/12/nielo-karla-se-plaastroue-in-die-hartjie-van-die-swartland/



Diensverskaffers:
Fotograaf: Boland Weddings
Venue: Die Stoor Trou Venue
Blomme: Die Stoor Trou Venue
Bruidegom-pak: Smartmensuithire
Dekor: Die Stoor Trou Venue
Grimering: Mur Môi Hair & Make Up
Hare: Mur Moi
Huwelik kontrak: Morne Bruwer
Huweliksbevestiger: Morne Bruwer
Koördineerder: Die Stoor Trou Venue
Kroegdiens: Die Stoor Trou Venue
Musiek: Alwyco Carstens
Platejoggie: Alwyco Carstens
Paartjie se verblyf: Die Stoor Trou Venue
Strooijonkers bykomstighede: Smart Men Suit Hire
Spyseniering: Die Stoor Trou Venue
Trourok: Allora Bridal
Bruid se trouring: Carine Van Zyl Juwelery
Bruidegom se trouring: Carine Van Zyl Juwelery
Troukoek: Die Stoor Trou Venue
Wittebrood Bestemming: Zanzibar
Wittebrood Plek: Riu Jumbo

Langs die ongerepte Wildekus  lê Umngazi Hotel & Spa, ’n toevlugsoord waar tyd stadiger beweeg en die oseaan elke siel k...
28/12/2025

Langs die ongerepte Wildekus lê Umngazi Hotel & Spa, ’n toevlugsoord waar tyd stadiger beweeg en die oseaan elke siel kalmeer. 🌊✨ Dis die plek waar stilte en skoonheid hand aan hand gaan, en elke dag jou nooi om weer met jouself én jou geliefde te verbind.

💑 Met luukse verblyf opsies, vriendelikker gasvryheid en heerlike kosse is dit enige paartjie se droom wegbreek bestemming. Ontdek die ritme van rus, romanse en natuur by Umngazi.



📸 Verskaf deur Umngazi Hotel & Spa

Beplan jy ’n troudag waar alles perfek saamvloei? ✨ LX Events bring kundigheid, kreatiwiteit en styl saam om jou visie m...
27/12/2025

Beplan jy ’n troudag waar alles perfek saamvloei? ✨ LX Events bring kundigheid, kreatiwiteit en styl saam om jou visie moeiteloos te laat leef. Van koördinering tot dekor en huurdienste, hulle sorg vir ’n ervaring wat warm, uniek en professioneel is. 🌸

👉 Ontdek LX Events hier:
https://www.mooitroues.co.za/trougids/oos-kaap-trou-koordineerder-lx-events/




LX Events SA

Droom jy van ’n bosveldtroue vol warmte, natuur en ’n tikkie luuksheid? 🌿 Mountainview Game Ranch bied ’n pragtige trou ...
26/12/2025

Droom jy van ’n bosveldtroue vol warmte, natuur en ’n tikkie luuksheid? 🌿 Mountainview Game Ranch bied ’n pragtige trou venue met asemrowende uitsigte en ’n rustige atmosfeer. En nou kan paartjies selfs meer glimlag.

🎉 Promosie:
Sê “Ek doen” met styl en ontvang 25% afslag op venuehuur wanneer julle troue tussen Junie 2025 en September 2026 plaasvind. Paartjies kry boonop ’n gratis jenewer-tafel vir ekstra bederf. Geldig vir troues met 80+ gaste wat oorslaap. Bespreek voor 31 Januarie 2026.

👉 Ontdek die promosie hier:
https://www.mooitroues.co.za/trougids/limpopo-trou-venue-en-verblyf-mountainview-game-ranch/



Mountainview Game Ranch & Wedding Venue

Dillon en Kirsty se verrassing verlowing langs die rivier op ’n appelplaas in Clarens is pure romanse en emosie. 💍✨ Wat ...
26/12/2025

Dillon en Kirsty se verrassing verlowing langs die rivier op ’n appelplaas in Clarens is pure romanse en emosie. 💍✨ Wat as ’n gewone paartjie-fotosessie begin het, het binne enkele oomblikke verander in ’n lewensveranderende oomblik toe Dillon op sy knie gaan met die mooiste ring in sy hand. Clarens is vir hulle ekstra spesiaal — die bestemming van hul eerste vakansie saam — en daarom die perfekte plek vir ’n betekenisvolle verlowing.

Die piekniek reg langs die waterval, die groot bos Proteas, sagte mis en die natuurlike klank van water het ’n toneel geskep wat letterlik asem wegslaan. Elke sekonde is perfek vasgevang — ’n herinnering wat hulle vir altyd sal koester. Rol af om meer te sien van hierdie betowerende verrassing!

Lees die volledige artikel:
https://www.mooitroues.co.za/2025/12/dillon-kirsty-se-verrassings-verlowing-langs-die-rivier-in-clarens/



Diensverskaffers:
Fotograaf: Landi Pelser Photography
Fotosessie ligging: Merino Gaste Plaas – Appel Klaas
Grimering: Selfdoen
Hare: Selfdoen

Geseënde Kersfees aan al Mooi Troues se lesers en adverteerders 🎄🎁 Mag julle 'n wonderlike dag hê gevul met alles wat mo...
25/12/2025

Geseënde Kersfees aan al Mooi Troues se lesers en adverteerders 🎄🎁 Mag julle 'n wonderlike dag hê gevul met alles wat mooi is. 🍾🥂

Ons kan skaars glo dat 2026 al hier is! ✨ Met ’n nuwe jaar voor ons wag daar soveel liefde, groei, doelwitte en nuwe her...
24/12/2025

Ons kan skaars glo dat 2026 al hier is! ✨ Met ’n nuwe jaar voor ons wag daar soveel liefde, groei, doelwitte en nuwe herinneringe. Die dae vlieg verby, en tussen troubeplanning, werk, lewe en alles tussenin, is dit maklik om belangrike datums te vergeet. Daarom het Mooi Troues hierdie 2026-Jaarbeplanner spesiaal ontwerp om jou jaar eenvoudiger en meer georganiseerd te maak.

Die beplanner bied genoeg spasie vir belangrike datums, afsprake en daaglikse notas, perfek vir troubeplanning én jou persoonlike lewe. En die beste deel? Dis heeltemal gratis! Rol af op die webblad, vul jou besonderhede in en ontvang dit onmiddellik per e-pos, gereed om op A4 te druk vir ’n stylvolle afwerking. Maak 2026 jou jaar van mooi beplanning en vars perspektief. 💫

Laai jou beplanner gratis af:
https://www.mooitroues.co.za/2025/12/kry-jou-gratis-2026-jaarbeplanner-hier-op-mooi-troues/

Soek jy ’n fotograaf wat emosie en romanse so natuurlik vasvang? 📸 Helene Viljoen skep warm, sagte en tydlose beelde wat...
23/12/2025

Soek jy ’n fotograaf wat emosie en romanse so natuurlik vasvang? 📸 Helene Viljoen skep warm, sagte en tydlose beelde wat elke egte oomblik op jou troudag verewig. Haar styl is elegant, opreg en perfek vir paartjies wat hul liefdesverhaal met hart wil vertel. 🤍

👉 Ontdek Helene Viljoen hier: https://www.mooitroues.co.za/trougids/wes-kaap-trou-fotograaf-helene-viljoen/



HELENE VILJOEN PHOTOGRAPHY

Beplan jy ’n troudag vol stylvolle dekor en unieke elemente? ✨ The Souk bied pragtige huurdienste wat jou troue na ’n nu...
22/12/2025

Beplan jy ’n troudag vol stylvolle dekor en unieke elemente? ✨ The Souk bied pragtige huurdienste wat jou troue na ’n nuwe vlak van elegansie lig. Elke item is sorgvuldig gekies om warmte, karakter en romanse by jou onthaal te voeg. 🌿 Jou droomestetika wag hier.

👉 Ontdek The Souk hier: https://www.mooitroues.co.za/trougids/wes-kaap-trou-dekor-huurdienste-the-souk/



The Souk Events & decor hire

Lötter en Frances se selfdoen plaastroue in die Vrystaat is ’n viering vol hart, eenvoud en ongelooflike natuurlike skoo...
22/12/2025

Lötter en Frances se selfdoen plaastroue in die Vrystaat is ’n viering vol hart, eenvoud en ongelooflike natuurlike skoonheid. Die paartjie het hul geloftes hoog op ’n heuwel afgelê, met ’n uitsig wat net die Vrystaat kan bied.🌄💛 Die kleurvolle konfetti teen die groen veld, die rustige onthou-oomblikke onder die bome en die kosbare sonsakfotos saam met die perde skep die soort liefdevolle atmosfeer wat mens net op ’n plaas kan ervaar.

Vir die onthaal het hulle die familieplaas se stoor omskep in ’n stylvolle feeslokaal. Wit tafellopers, Tiffany-stoele, pastelpienk blomme en sagte dekor het ’n perfekte balans gebring tussen plaasliefde en tydlose elegansie. Dit was warm, gesellig en vol karakter — presies hoe ’n plaastroue moet voel.

Lees hul volledige liefdesverhaal:
https://www.mooitroues.co.za/2025/12/lotter-frances-se-selfdoen-plaastroue-in-die-vrystaat/



Diensverskaffers:
Fotograaf: MM Photography
Venue: Swartkoppies Merino’s
Blomme: Talflorals Flowers
Bruidegom-pak: Woolworths
Dekor: Bowtie Evolution
Grimering: Lané Pannel Makeup & Hair
Huurdienste: Sanitech
Juweliersware: Hellohaai
Musiek: Bloemfontein Multi Media House – Soundbytes
Platejoggie: Bloemfontein Multi Media House – Soundbytes
Skoene: Fynbos Wedding Shoppe
Spyseniering: Vriende
Roomys: Bruid se Ma
Trourok: Orijinel by Elmerane van Ryneveld
Bruid se trouring: Diamonds & Gold
Bruidegom se trouring: Orbit Rings
Wittebrood bestemming: Dullstroom, Platteland Oos-Vrystaat, Kruger
Wittebrood plekke: Simbine Lifestyle Estate, The Green House Dullstroom, Amohela ho Spitskop Country Retreat

Het julle in 2025 getrou? 💍 Skryf julle troue in vir Troue van die Jaar 2025 en staan 'n kans om julle deel van fantasti...
21/12/2025

Het julle in 2025 getrou? 💍 Skryf julle troue in vir Troue van die Jaar 2025 en staan 'n kans om julle deel van fantastiese pryse te wen🍾 Volg die skakel om in te skryf: https://trouevandiejaar.co.za/skryf-in 😍

📢 Ons stel bekend van Troue van die Jaar 2025 se pryse by Becks Safari Lodge by Karongwe 🐆🐘en Umngazi Hotel & Spa 🐠🏖

Inskrywings sluit 28 Februarie 2026.
Bepalings en Voorwaardes Geld.
R 1 = 1 Stem.

Address

Sea Point

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooi Troues posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooi Troues:

Share