Sommer Pret / Number Addventure

Sommer Pret / Number Addventure Digitale produkte om basiese wiskunde vaardighede op 'n prettige wyse in te oefen. Wiskunde hoef nie vervelig te wees nie! Number Ad(d)venture!

Digital products with exciting and fun activities to practice basic maths proficiency. Somme(r) Pret 1, 2 en 3 is aktiwiteits boeke om basiese wiskunde vaardighede op 'n prettige wyse in te oefen. 'n Verskeidenheid digitale produkte is ook beskikbaar om wiskunde weer pret te maak. Stuur 'n e-pos na [email protected] om die nuutste katalogus te ontvang of bestellings te plaas

Maths don't need to be

boring. will help put fun back into maths. E-mail [email protected] for the last catalogue of products or for more info.

O en hoe lief is mense en ander kinders nie om tuisskolers te bestook met wiskunde somme nie. Sommige wat hulle self nie...
19/12/2024

O en hoe lief is mense en ander kinders nie om tuisskolers te bestook met wiskunde somme nie. Sommige wat hulle self nie eers kan beantwoord nie.

You know the questions are coming.

“Don’t you worry they’re missing out?”
“You’ll send them back to school when they get older though, won’t you?”
“Are you sure you're qualified to teach them math?"

It might be over presents, or Christmas lunch. Or during the afternoon spent playing and hanging out, or while you’re cleaning up after dinner. But you know, eventually, they’ll come.

You can already hear the tone. See the raised eyebrows. The glances between relatives.

You'll feel it in your chest. A tightness when someone starts talking about their child’s reading levels. Their stellar test results. Their end of year awards.

You’ll feel it when someone starts quizzing your child on their times tables, trying to make a point. In the careful breath you take when someone asks - again - how they’ll go about getting a job without qualifications, or learn to socialise with others, or cope in the real world.

You'll watch as your child's shoulders tense, knowing they're being evaluated. See them search your face for reassurance as they’re asked questions. Feel that flicker of doubt when they can’t answer whatever they’ve been put on the spot with. On demand. In front of an audience.

But please, please understand the doubt is not actually yours. It's theirs.

Because their questions aren't really about where your child is at. They're about their own uncertainty, their own fears. They're carrying generations of anxiety about achievement, and success, and keeping up, and finding their way in this world. What you’re hearing is just a big bundle of their own conditioning being projected onto your choice to do things differently.

So yes, these conversations will happen. The questions will come. The comparisons will be made. But just remember that none of them matter, because they don’t relate to the worth of childhood in any way. They don’t predict future success or happiness or fulfilment in *any way*.

Enjoy all the good of the season, and know the rest will pass.

And when it does, you can get back to doing exactly what all those worried adults so desperately needed in their own childhood.

Vakansie kopkrapper. Kan jy een vuurhoutjie skuif om die som waar te maak?
10/12/2024

Vakansie kopkrapper. Kan jy een vuurhoutjie skuif om die som waar te maak?

Lomi.co.za skep bietjie asem hierdie vakansie. Payfast digitale bestellings op die platvorm sal soos normaal uitgaan, ma...
09/12/2024

Lomi.co.za skep bietjie asem hierdie vakansie. Payfast digitale bestellings op die platvorm sal soos normaal uitgaan, maar eft digitale bestellings mag langer neem. Fisiese produkte sal ongelukkig eers weer in die eerste week in Januarie uitgestuur kan word.

Tot die 22ste November kan kinders deelneem aan die Living Maths wiskunde olimpiade. Vraestelle is van graad R tot 9 bes...
31/10/2024

Tot die 22ste November kan kinders deelneem aan die Living Maths wiskunde olimpiade. Vraestelle is van graad R tot 9 beskikbaar in Afrikaans en Engels. Dis altyd 'n lekker manier om die kinders bietjie aan die d**k te sit.

Registreer by https://goo.gl/forms/zBhrHMekVaoTyeg03 as jul wil deelneem.

Meer inligting oor die olimpiade by https://www.livingmaths.com/?page_id=245. Tuisskolers altyd verwelkom.

If you are a teacher or homeschool parent and you would like to enrol in our Maths Olympiad from K(R) to 9 then please complete this form.

As jy in die Stellenbosch omgewing is kan jy hierdie Vrydag (25 Oktober) na voorbeelde van my produkte kom loer. Dit sal...
22/10/2024

As jy in die Stellenbosch omgewing is kan jy hierdie Vrydag (25 Oktober) na voorbeelde van my produkte kom loer. Dit sal by die Green Door uitgestal wees tussen 11:00 en 14:00.

My Somme(r) Pret Emmer en van die ander fisiese produkte wat by die EduXplore Ekspo te koop was is ook nou beskikbaar op...
22/10/2024

My Somme(r) Pret Emmer en van die ander fisiese produkte wat by die EduXplore Ekspo te koop was is ook nou beskikbaar op my aanlyn winkel. Kies tussen Paxi of Pudo vir aflewering. Dit beteken julle kan ook nou my kinders se Edel en Tuisgebak produkte afgelewer kry.

Vul u e-pos adres in om in te teken op my blog en \'n e-pos te ontvang as ek iets nuuts pos. Alle inligting word streng vertroulik behou en nie aan ander partye gedeel nie.

Kom loer Saterdag by die Lomi stalletjie in en as jy die beste kan skat hoeveel jelly tots in die houer is, is dit joune...
08/10/2024

Kom loer Saterdag by die Lomi stalletjie in en as jy die beste kan skat hoeveel jelly tots in die houer is, is dit joune. Dis natuurlik ook jou kans om na al die Somme(r) Pret en ander Lomi produkte te kyk. Of sommer net met my te gesels oor tuisonderwys.

My Somme(r) Pret Emmers en my seun se Edel produkte sal te koop wees by die Lomi stalletjie by die CHE EduXplore ekspo. ...
03/10/2024

My Somme(r) Pret Emmers en my seun se Edel produkte sal te koop wees by die Lomi stalletjie by die CHE EduXplore ekspo. Plaas asseblief teen Maandag jul tuisgebak bestellings, indien jul dit by die ekspo van my dogter se heerlike beskuit wil afhaal (https://lomi.co.za/product-category/fisiese-produkte/tuisgebak/)

Kom loer in by die Kaapstad Tuisskool Ekspo op 12 Oktober. Toegang is gratis! Dis jou kans om na my produkte te kyk. Of ...
30/09/2024

Kom loer in by die Kaapstad Tuisskool Ekspo op 12 Oktober. Toegang is gratis!

Dis jou kans om na my produkte te kyk. Of kom gesels met my oor tuisskool in Afrikaans en hoe om meer organies te leer.

Dit was lekker om weer aan 'n wiskunde pret pak te werk. My jongste en maats het die kwartaal wat verby is skootboeke oo...
23/06/2024

Dit was lekker om weer aan 'n wiskunde pret pak te werk. My jongste en maats het die kwartaal wat verby is skootboeke oor seediere gemaak en natuurlik moes daar bietjie wiskunde ook in geglip word. Om by hul tema te hou het ek regte see feite in die somme in gewerk. Het jy bv geweet die dwerg seeperdjie se topspoed is maar net 1,5m per uur?

Die pretpak met 'n speletjie (om maaltafels te oefen) en 10 aktiweite is slegs R15 en is beskikbaar by

Onder die See Graad 5 bevat 1 speletjie (vir 2 spelers) en 10 aktiwiteite

As jy naby Stellenbosch is kom loer gerus is. Saam die maandelikse Green Door tuisskool kuier is daar hierdie maand ook ...
15/04/2024

As jy naby Stellenbosch is kom loer gerus is.

Saam die maandelikse Green Door tuisskool kuier is daar hierdie maand ook 'n ope gesprek in die voortuin. Kom kuier saam!

Kinders is welkom in saam met al die ander tuisskolers te speel, vir die tieners is daar bordspeletjies en daar sal ook 'n klein kinderkunsvlyt mark wees. So bring gerus 'n paar Rand saam om die jong entrepreneurs te ondersteun.

Program:
10:30 het ons 'n paneel van ervare tuisskool ma's wat daar is om jou vrae te beantwoord en hul ervaring te deel. As jy nuut is in tuisonderwys of bloot net weer bemoediging nodig het kom kuier saam.

13:00 praat ons wiskunde in die voorskool en laerskool jare. Ek sal praat oor wat die belangrikste bou blokke is om 'n stewige basis in wiskunde te lê. Kom loer gerus na die Somme(r) Pret produkte wat beskikbaar is en vra jou vrae. Laat weet my gerus as daar 'n spesifieke tema is waaroor jy graag sal wil hê ons moet praat.

Kopieerwerk is 'n heerlike manier om spelling, taal en handskrif met leer te integreer.  https://www.youtube.com/watch?v...
22/01/2024

Kopieerwerk is 'n heerlike manier om spelling, taal en handskrif met leer te integreer. https://www.youtube.com/watch?v=CpyzONBj49U

Tans is daar beskikbaar:
My Kopieërboek: Drukskrif
My Kopieërboek: Lopende Skrif
Insekte Kopieërboek: Deel 1
My Plantkunde Kopieërboek
Astronomie / Sterrekunde Kopieërboek

Meer inligting by https://lomi.co.za/product-category/kopieerwerk/

'n Voorsmakie van wat kopieerboeke behels. Meer oor die kopieerboeke wat by Lomi beskikbaar is by https://lomi.co.za/kopieerboeke/

Moenie hierdie jaar jou hare uit jou kop trek oor wiskunde of leer nie!  Besoek https://lomi.co.za/aanlyn-winkel/ vir ho...
09/01/2024

Moenie hierdie jaar jou hare uit jou kop trek oor wiskunde of leer nie! Besoek https://lomi.co.za/aanlyn-winkel/ vir hope produkte om leer weer pret te maak! Van wiskunde-pretpakke tot speletjies, kopieerboeke vir wetenskap en skrif tot literatuurstudies wat sommer taalleer ook dek. En natuurlik 'n volledige graad R tot 3 wiskunde program wat speel-speel met wiskunde klaar speel.

Die nuutste toevoeging in die aanlyn winkel is nog 'n literatuur geinspireerde taalleer werkboek oor Kinge in 'n Bos.
06/01/2024

Die nuutste toevoeging in die aanlyn winkel is nog 'n literatuur geinspireerde taalleer werkboek oor Kinge in 'n Bos.

Literatuur Geïnspireerde Taalleer oor Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee

Siende dat ek mooi gevra is is hier 2 Swart Vrydag aanbiedinge spesiaal vir julle. Die produkte is in die aanlyn winkel ...
24/11/2023

Siende dat ek mooi gevra is is hier 2 Swart Vrydag aanbiedinge spesiaal vir julle. Die produkte is in die aanlyn winkel 25% afgemerk tot 30 November. Jy het dus geen afslag koepon nodig nie.

Address

Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sommer Pret / Number Addventure posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sommer Pret / Number Addventure:

Share