
29/09/2025
Die skietdood van Jannie Wildskut (40) en sy vriendin, Alvina Robyn (35), albei van De Doorns, het verlede week skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
In hierdie tragiese voorval blyk dit dat Wildskut, ook bekend as “Jango”, vooraf video-opnames gemaak het waarin hy vertel dat hy homself om die lewe probeer bring. In die laaste van vier video’s kan gesien word hoe ‘n vrou in ‘n pienk kamerjas, vermoedelik Robyn, in ‘n plas bloed lê. Dit kon nie bevestig word hoe die video’s versprei is nie.
Nuus dat 'n Boland-skeidsregter na bewerings sy vriendin doodgeskiet en toe hom om die lewe gebring het, het skokgolwe deur De Doorns gestuur.