Ernst van Zyl

Ernst van Zyl Hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum. Engelse podsending: Conscious Caracal
Afrikaanse podsending: In alle Ernst
(1)

Giving my thoughts on politics and culture from southern Africa | Head of Public Relations at AfriForum | Documentary filmmaker | Local man

Die VSA sê daar sal geen verlenging wees van die sperdatum vir tariewe wat op Vrydag 1 Augustus in werking tree nie. Die...
28/07/2025

Die VSA sê daar sal geen verlenging wees van die sperdatum vir tariewe wat op Vrydag 1 Augustus in werking tree nie. Die ANC-geleide Suid-Afrikaanse regering het 'n verlenging versoek nadat hulle nie enige vordering met 'n handelsooreenkoms gemaak het in die 90 dae wat aan almal toegestaan is nie.

Hierdie situasie herinner aan die fabel van die springkaan en die mier. Winter is hier.

The United States says there will be NO extension for tariffs set to kick-in on Friday. South Africa faces a 30-percent tariff on goods exported to America.

28/07/2025

Luister gerus my radio-onderhoud op 702 waar ek AfriForum se standpunt bespreek oor die nuwe wetsontwerp wat geteikende Amerikaanse sanksies teen ANC-politici wat by korrupsie en menseregteskendings betrokke is, moontlik maak.

Hierdie seksie is direk uit die VSA wetsontwerp wat moontlike sanksies teen korrupte ANC politici betref.Hulle weet wat ...
24/07/2025

Hierdie seksie is direk uit die VSA wetsontwerp wat moontlike sanksies teen korrupte ANC politici betref.

Hulle weet wat ons weet.

24/07/2025

Ek het op Newzroom Afrika verskyn om AfriForum se standpunt oor die vordering van die nuwe Amerikaanse wetsontwerp te bespreek, wat geteikende sanksies teen Suid-Afrikaanse politici, veral van die ANC, wat betrokke is by korrupsie en/of menseregteskendings, sal moontlik maak.

Nadat ek sy fantastiese boek, There is no supreme constitution, gelees het ek gesels met Koos Malan oor Suid-Afrika post...
24/07/2025

Nadat ek sy fantastiese boek, There is no supreme constitution, gelees het ek gesels met Koos Malan oor Suid-Afrika post-1994, staatsverval, SA as multi-nasiestaat, die regering se staatsgodsdiens, en die heersende elite.

Episode 1 van 'n 3-deel reeks: https://youtu.be/GDu6XWWNIGc

Volgens AfriForum is die goedkeuring van 'n wetsontwerp deur die Amerikaanse Huiskomitee wat geteikende sanksies teen ko...
23/07/2025

Volgens AfriForum is die goedkeuring van 'n wetsontwerp deur die Amerikaanse Huiskomitee wat geteikende sanksies teen korrupte en ekstremistiese Suid-Afrikaanse politici moontlik maak, 'n welkome ontwikkeling in die belang van die mense van Suid-Afrika.

Klankgreep: Ernst van Zyl (Afrikaans) Klankgreep: Ernst van Zyl (Engels) AfriForum beskryf ’n Amerikaanse kongreskomitee se goedkeuring van ’n wetsontwerp – wat die implementering van geteikende sanksies teen korrupte en ekstremistiese Suid-Afrikaanse politici sal moontlik maak – as ’n pos...

AfriForum snoei bietjie die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie - wat lief is vir dubelle standaarde - se mag.
23/07/2025

AfriForum snoei bietjie die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie - wat lief is vir dubelle standaarde - se mag.

In this Truth Report contribution, Joe Emilio reflects on AfriForum’s landmark case to challenge the South African Human Rights Commission’s (SAHRC) possible...

Die verhaal van Afrikanerheld Dirkie Uys (12) - 1838Na die moord op Piet Retief en sy manne deur die Zoeloe-koning Dinga...
23/07/2025

Die verhaal van Afrikanerheld Dirkie Uys (12) - 1838

Na die moord op Piet Retief en sy manne deur die Zoeloe-koning Dingaan op 6 Februarie 1838, is sommige Voortrekkerkampe ook aangeval. Honderde vroue en kinders is vermoor, en hele gesinne is uitgewis.

Ander trekke, soos dié onder leiding van Piet Uys en Hendrik Potgieter, is gevra om te kom help. Beide trekke het reddingskommando's uitgestuur.

Op pad om te help, is een van hierdie reddingskommandos by Italeni in 'n lokval vasgevang. Die kommando het daarin geslaag om hul pad uit te skiet en deur te druk. 10 Boere is dood en Piet Uys is ernstig gewond met 'n assegaai terwyl hy twee van sy vasgekeerde manne te hulp gesnel het.

Uys het so lank as wat hy kon aan sy saal vasgeklou, maar het afgeval soos sy krag verlep het. Hy het vir sy manne geskree: "Red julself, kêrels, maar veg soos manne!" Sy twaalfjarige seun, Dirkie Uys, het teruggekyk en gesien hoe sy pa deur Zoeloes omring word. Hy was reeds buite gevaar, maar Dirkie het sy perd omgedraai, geskree "Ek sal langs my pa sterf!", en teruggestorm. Hy het drie Zoeloe-krygers geskiet en hulle kortliks gedwing om terug te val, maar hulle het op hom afgestorm en hom van sy perd af gesteek. Dirkie het langs sy pa geval, waar hulle dapper geveg het totdat hulle hul einde teëgekom het.

Hierdie heldedaad van 'n jong Afrikanerseun is verewig op een van die historiese frieze van die Voortrekkermonument.

Geteikende sanksies teen ANC-leiers is een tree nader aan realiteit.'n Wetsontwerp is pas goedgekeur deur die VSA se Hui...
23/07/2025

Geteikende sanksies teen ANC-leiers is een tree nader aan realiteit.

'n Wetsontwerp is pas goedgekeur deur die VSA se Huiskomitee wat president Donald Trump die mag gee om geteikende sanksies in te stel teen Suid-Afrikaanse politici vir korrupsie en ekstremistiese standpunte internasionaal.

Hierdie wetsontwerp gaan nou na die Huis van Verteenwoordigers om gedebatteer, gewysig en oor gestem te word. Indien die wetsontwerp die Huis slaag, word dit dan na die Senaat gestuur vir 'n finale stem.

Hierdie verwikkeling kom te midde van 'n toenemende diplomatieke krisis tussen die Amerikaanse regering en die Suid-Afrikaanse regering. Verlede week is berig dat die Amerikaanse regering Mcebisi Jonas, Ramaphosa se spesiale gesant na die VSA, 'n visum geweier het en sy geloofsbriewe verwerp het. Suid-Afrika was effektief vir meer as drie maande sonder diplomatieke verteenwoordiging in Washington, tydens een van die land se ernstigste diplomatieke krisisse post-1994.

Suid-Afrikaners met sonpanele kan vir Eskom sê om te gaan vlieg oor registrasievereistes - AfriForum
22/07/2025

Suid-Afrikaners met sonpanele kan vir Eskom sê om te gaan vlieg oor registrasievereistes - AfriForum

A civil rights organisation has reiterated that Eskom’s registration requirements for solar power systems are not legally enforceable and warned it could abuse people’s information for future solar tariffs.

’n R135 miljoen skoolprojek het in duie gestort na ernstige konstruksiemafia bewerings teen Johannesburg se ANC-hoofswee...
22/07/2025

’n R135 miljoen skoolprojek het in duie gestort na ernstige konstruksiemafia bewerings teen Johannesburg se ANC-hoofsweep, Sithembiso Zungu.

Address

Sunnyside

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ernst van Zyl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share