
20/08/2025
By die Teologiese Skool Potchefstroom vergader studente en personeel weekliks vir Skrifoordenkings en besprekings daaroor. In aansluiting by die 2024-tema "Geroep en toegerus vir diens”, bevat hierdie bundel oordenkings uit die Ou- en Nuwe Testament asook uit ons Gereformeerde Belydenisskrifte. Elke oordenking is verryk met vrae vir bespreking met die doel om insig te verdiep en betekenisvolle gesprekke te bevorder. Lesers word herinner aan hul goddelike roeping en hoe God elkeen van ons toerus vir diens in sy koninkryk. Of dit nou vir persoonlike oordenking of groepstudie gebruik word, hierdie versameling bied 'n instrument vir geestelike groei en onderskeidingsvermoë. Bestel by ptpboeke.co.za