
07/08/2025
In 6 Augustus se RSG Landbou:
66 vervaardigers van gepreserveerde produkte het ingeskryf vir die eerste SA Preserveerkampioenskap. Die verwagtinge is oortref met 456 produkte wat op 23 Julie naby Durbanville beoordeel is. Hoofbeoordelaar Susina Jooste gesels met ons.
Laurence Allem van Mielieboere Bonsmaras praat oor hul veiling van 14 Augustus in die Viljoenskroon-omgewing.
Verder hoor ons wat Syngenta te sê het oor die uitdagings van aartappelprodusente ten opsigte van peste en plae. Chris Steyn verduidelik hoe innovasie en tegnologie as moontlike oplossing kan dien.
Dr André van der Vyver van SACOTA sluit ook by ons aan met nuus oor die invoer-koringtarief.
Klik hier om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-6-augustus-2025/
Mielieboere Bonsmaras Agri-Expo Syngenta SACOTA
In vanoggend se RSG Landbou hoor ons hoe gewild die eerste SA Preserveerkampioenskap is, Mielieboere Bonsmaras gesels oor hulle veiling en Syngenta praat oor aartappel-uitdagings.