29/07/2025
Spoorelemente of -minerale is ‘n klein komponent van dierevoeding, maar het ‘n groot impak op beeste en skape se gesondheid, prestasie en winsgewendheid. Dr Johan van Rensburg, besturende direkteur van Axiota Animal Health, sê mineraal-aanvulling vir beeste word dikwels oor die hoof gesien. Al vorm dit net ‘n klein deel van ‘n herkouer se daaglikse inname, is dit onontbeerlik vir optimale gesondheid.
Minerale soos koper (Cu), selenium (Se), sink (Zn), jodium (l) en kobalt (Co) help om diere gesond te hou, groei te versnel en goeie vrugbaarheid te bevorder. Hy waarsku egter dat die regte hoeveelhede aangevul moet word. Te min of te veel minerale kan tot swak groei, herhalende siektes, vrugbaarheidsprobleme en selfs vrektes lei.
Besoek die AgriOrbit-webtuiste om meer hieroor te lees: https://agriorbit.com/die-onmisbare-rol-van-minerale-in-herkouervoeding/
Axiota Animal Health SA