Fontein Uitgewery

Fontein Uitgewery Fontein Uitgewery is ‘n gesamentlike inisiatief van die Instituut vir Christelike Onderwys en Aros

Fontein Uitgewery het in 2017 tot stand gekom en is ‘n gesamentlike inisiatief van die Insituut vir Christelike Onderwys en Aros. Ons gee ‘n wye verskeidenheid boeke uit, hoofsaaklik in Afrikaans wat strek van ‘n unieke Christelike kurrikulum, christelike verrykende boeke, kinderboeke en akademiese boeke. Afrikaans as taal is vir ons belangrik en deur kwaliteit Afrikaanse publikasies wil ons ook ‘

n bydra lewer tot Afrikaanse literatuur. Dit stel FU in staat om dit as 'n geleentheid te gebruik ter uitbouing van God se koninkryk en om die Woord verder uit te dra in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore van opleiding. D.m.v die skool-kurrikulum wat deur ICO ontwikkel word, word skole bereik. Die publikasie van tersiêre hulpmiddels vir AROS is van kardinale belang vir die opleiding van onderwysstudente met Christelike leer as fondament. Die doel van FU is om 'n meer effektiewe bydrae te lewer to die uitbou van kwaliteit Christelike onderrig in Suid-Afrika. Vele ander Christelike publikasies en kursusse is beskikbaar en word ontwikkel vanuit die pen van AROS en ICO. Al die publikasies is tans beskikbaar by Boekenhout boek- en aanlyn winkel asook direk by die ICO of Takealot.com.

09/12/2025

Klein treetjies in terapie skep groot treë in die lewe.

In die sewende episode van die SA Akademie se podsendingreeks, Die Kuns van Kennis/Die Kennis van Kuns gesels prof. Ignatius Gous met dr. Wietske Boon, ʼn spesialisberader in vroeë kinderontwikkeling en spelterapie, oor hoe om uitdagings by kinders in vreugdevolle ontwikkeling te omskep.

05/12/2025

Die titel 30 Maal Geseënd het ’n drie-dubbele betekenis:

Dit is die eerste 30 persone by Ds Cassie Aucamp as redakteur van Die Kerkblad sedert sy eerste uitgawe in Februarie 2023 gaan kuier het en die hart van daardie gesprekke met ons lesers kon deel.

Dit is sprekend van die seën en gawes wat hierdie 30 mense in hulle dienswerk in sy koninkryk van die Here ontvang het.

Dit vertel ook van die seën waarin ons oor jare heen kon deel deur die vrug van hulle arbeid.

Bestel vandag jou uitgawe op ons webtuiste!

03/12/2025

n Versameling verhale wat die alledaagse lewe in 'n veranderende stad vasvang, vol herinneringe, verlange en subtiele humor. Deur uiteenlopende karakters word temas van identiteit, verlies en hoop ondersoek, terwyl die spanning tussen verlede en hede deurskemer in eenvoudige maar deernisvolle vertellings oor menswees en verbondenheid.

Bestel vandag jou Pretoria stories op ons webtuiste!

03/12/2025

Die dagboek vir 'n Juffrou is die ideale einde van die jaar geskenk! Beplanning was nog nooit so maklik nie!

Nou beskikbaar op ons webtuiste!

01/12/2025

Slutingsdatum:

Boekenhout is gesluit op 12 Desember 2025 vir voorraadopname en dan ook vanaf 18 Desember 2025 - 5 Januarie 2026.

27/11/2025

Jou kind benodig 'n lisensie vir sy/haar slimfoon!

Luister vanaand saam waar Pienaar Lochner met Dr. Anke de Beer, 'n gerespekteerde spreker, navorser, konsultant en skrywer oor die dringende kwessies van tegnologie en die verwoestende gevolge daarvan vir die kind, oor haar nuwe boek slimfoon 101. Jou lisensie na 'n digitale wêreld.

Skuins Voor Pouse, in samewerking met FEDSAS, Instituut vir Christelike Onderwys en Pretoria FM elke Donderdag om 20:15 op PretoriaFM.

26/11/2025

Address

Gereformeerde Kerk Totiusdal H/v Starkey & Spioenkopstraat
Waverley
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

0123322557

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fontein Uitgewery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Fontein Uitgewery:

Share

Category